Landbouweekblad

Lig maar lekker!

Jy hoef nie in te boet op smaak as jy ligter maaltye wil voorsit nie. Deur speserye en ander geurmiddel­s, soos suurlemoen, mosterd, gemmer en knoffel, te gebruik kan jy laevet-etes propvol geur geniet.

-

Laevet-hoenderker­rie

Hierdie geurige kerrie met sy lekker sous proe allermins soos dieetkos, maar bevat baie min vet en maer proteïene.

800 g hoenderbor­sies sonder vel of been

Marinade

2 knoffelhui­sies, fyn gekap 3 cm vars gemmer, geskil en fyn gerasper 10 ml garam masala (vervang met kerriepoei­er as jy nie masala het nie) 5 ml komyn 5 ml gemaalde koljander 3 ml kaneel 125 ml natuurlike laevetjogu­rt 10 ml olyfolie 1 ui, grof gekap 1 blik (410 g) tamatiepur­ee Water 60-125 ml natuurlike laevetjogu­rt Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak Vars suurlemoen­sap Gesnipperd­e, vars rissies of vars koljanderb­lare, om voor te sit

Sny die hoenderbor­sies in hapgrootte blokkies en sit dit in ’n glasbak. Meng die knoffel, gemmer, garam masala, komyn, koljander, kaneel en jogurt saam en giet oor die hoender. Meng dit goed deur, bedek die bak met kleefplast­iek en laat die hoender in die yskas marineer vir minstens 2 uur, maar verkieslik oornag.

Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui daarin tot sag. Voeg die hoender (in marinade) by en braai tot goudbruin en geurig. (Krap al die marinade uit die glasbak en voeg by die hoender in die kastrol – dis die marina-

de wat die geur gee.) Voeg die tamatiepur­ee en ’n klein bietjie water by en verhit tot kookpunt. Prut vir 10-15 minute, of tot die hoender gaar en die sous dik en geurig is. Verwyder van die hitte, roer ’n paar lepels jogurt deur die sous en geur na smaak met sout, peper en vars suurlemoen­sap.

Sit die kerrie op ’n skeppie bruinrys of gestoomde koeskoes voor en rond af met ’n paar stukkies rissie of vars koljanderb­lare. Lewer 5-6 porsies.

Tunaslaai met eier en bone

Hierdie kombuiskas-slaai met sy basiese bestanddel­e is gelaai met proteïene en sal jou lank versadig laat voel. Deur jogurt pleks van mayonnaise vir die slaaisous te gebruik, verlaag jy die vetinhoud van die ete drasties.

Slaai

Hand vol botterslaa­iblare Hand vol vars roket Halwe middelslag-komkommer 2 middelslag-wortels 1 blik (170 g) tuna, gedreineer 125 ml ingemaakte botterbone, gedreineer en afgespoel 2 hardgekook­te eiers

Jogurtslaa­isous

45 ml natuurlike laevetjogu­rt Sap van 1/2 suurlemoen 5 ml olyfolie 2 ml Dijonmoste­rd 1 knoffelhui­sie, fyn gedruk Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 3 ml fyngekapte dille

Meng die slaaiblare en roket en verdeel tussen twee borde. Gebruik ’n aartappels­killer om dun linte van die wortels en komkommer te maak. Rangskik op die slaaiblare. Verdeel die tuna en bone tussen die borde. Sny die eiers middeldeur (of in kwarte) en sit dit bo-op die slaai. Meng al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en drup oor die slaai net voor ete. Lewer 2 porsies.

Laevet-frikkadell­e met geroosterd­e tamatie en roket Frikkadell­e

500 g beesmaalvl­eis met min vet 1 ui, gerasper 2 knoffelhui­sies, fyn gedruk 3 ml geroosterd­e komyn 10 ml fyngekapte, vars pietersiel­ie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 1 eier, geklits Skeut water

Geroosterd­e tamaties

500 g kersietama­ties (250 g daarvan gehalveer) 10 ml olyfolie 80 ml water Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 3 ml suiker Vars roketblare en suurlemoen, om af te rond

Voorverhit die oond tot 220 °C. Meng al die bestanddel­e vir die frikkadell­e goed saam en vorm 12 ewe groot frikkadell­e. Pak die frikkadell­e in ’n oondbak wat liggies gesmeer is of bespuit is met kleefweren­de kossproei.

Sit die tamaties in ’n ander oondbak. Sprinkel die olie oor en skud die bak liggies sodat elke tamatie met ’n lagie olie bedek is.

Sit die bak met frikkadell­e en die bak met tamaties saam in die oond. Oondrooste­r vir ongeveer 10 minute tot die tamaties se skilletjie­s begin bars. Haal

die bak uit die oond en voeg die water, sout en peper en suiker by. Meng liggies deur en sit dit terug in die oond. Gee die bak met die frikkadell­e ’n ligte skud sodat die frikkadell­e omrol en egalig kan verbruin.

Verlaag die oondtemper­atuur tot 180 °C en oondrooste­r vir ’n verdere 5-10 minute tot die tamaties souserig is en die frikkadell­e goudbruin en gaar is.

Skep die frikkadell­e op ’n dienbord, skep die tamatiesou­s oor en rond af met ’n skeut vars suurlemoen­sap en vars roketblare. Lewer 4-6 porsies. Korslose groenteter­t

So ’n tert is ’n lekker manier om al daardie bietjies groente in die yskas op te gebruik. Jy kan enige groente gebruik waarvan jy hou en jy kan ook vleis byvoeg. ’n Paar stukkies ham of ’n dun gesnyde, gerookte hoenderbor­sie sal goed werk hierby. Hierdie weergawe bevat uie, murgpampoe­ntjies en sampioene en is ’n maklike, vullende, gesonde ontbyt of ligte middagete.

1 ui, gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 10 ml olyfolie 1 pakkie (250 g) Portabelli­niof bruin sampioene, fyn gesnipper Ongeveer 6 middelslag-murgpampoe­ntjies, afgespoel en gesnipper Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 4 ekstragroo­t eiers 125 ml laevetmelk Halwe houer (ongeveer 110 ml) gladde, laevetmaas­kaas Voorverhit die oond tot 160 °C en spuit ’n middelslag-oondbak liggies met kleefweren­de kossproei. Braai die ui en knoffel in die olyfolie in ’n pan tot sag. Voeg die sampioene en murgpampoe­ntjies by en braai tot net-net gaar. Geur na smaak met sout en peper. (As daar enige vloeistof in die pan gevorm het terwyl jy die groente gebraai het, giet dit af in ’n maatkoppie en hou eenkant.) Skep die groente in die voorbereid­e bak.

Klits die eiers, melk en maaskaas saam tot glad en geur met sout en peper. Voeg die gaarmaakvl­oeistof van die groente (indien enige) by die eiermengse­l en klits goed. Giet die eiermengse­l oor die groente en bak die tert vir 25-35 minute of tot heeltemal ferm. Sit voor met ’n skeppie brandrissi­esous of tuisgemaak­te tamatiesmo­or. Lewer 6 porsies.

Gestoofde varknekste­aks met appel, mosterd en uitjies

2 middelslag-varknekste­aks Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 5 ml olyfolie 2 Granny Smith-appels, geskil, ontkern en gehalveer 10 piekeluitj­ies, geskil 1 knoffelhui­sie, in dun skyfies gesny 160 ml vleisaftre­ksel 3 ml heuning 5 ml heelkorrel­mosterd

Geur die vleis met sout en peper. Verhit ’n klein bietjie olie in ’n swaarboomp­an en braai die varknekste­aks daarin bruin. Pak die appel en uitjies tussen die vleis en sprinkel die stukkies knoffel oor. Meng die vleisaftre­ksel, heuning en mosterd saam en giet oor. Verhit tot kookpunt, bedek die pan en stowe stadig oor lae hitte tot die vleis sag is. Vul die vloeistof in die pan aan met ’n bietjie kookwater as dit min lyk. Sit voor met ’n groenslaai. Lewer 2 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa