Landbouweekblad

Motoriste kry nie genoeg van padstal se plaasprodu­kte

Naby die historiese landmerk Fort Mistake in KwaZulu-Natal, het die Fort Mistake-padstal gou ’n besige trekpleist­er geraak. Crizanne Botes is die dinamiese vrou agter die besigheid.

-

JY IS EINTLIK ’N BOER; HOE HET JY DIE GELEENTHEI­D VIR ’N PADSTAL RAAKGESIEN?

Ek werk by my pa as ’n bestuurder in ons intensiewe varkboerde­ry. Die droogte het verlede jaar begin knyp en ek het ’n kans gesoek om ’n ekstra inkomste te verdien. Ek het al van kleins af ’n passie vir sake en het besluit om my oom, Schalk Meintjies, te vra of ek ’n padstal op sy eiendom kan begin.

HOEKOM JUIS BY FORT MISTAKE?

Ek is geseën met ’n stroom motoriste wat daagliks by die padstal stilhou. Dis ook ’n gewilde stilhouple­k vir vakansiega­ngers wat see (Durban) se kant toe of wildtuin toe ry.

JOU PADSTAL HET ’N HEERLIKE AANBOD BOERDERYPR­ODUKTE.

Ek verkoop van my ma se varkvleisp­rodukte. Sy het ’n slaghuis op die plaas waar sy die varke, wat sy by my pa koop, en op die dorp laat slag en verwerk, weer verkoop. My ouma, wat op ’n plaas langs ons woon, se tuisgebakt­e koekies en beskuit (soos anysen boerbeskui­t en gemmerkoek­ies) is ook op die rakke. Daar is hoendervle­isprodukte wat my kêrel se ma maak, asook lemoene uit haar eie boord in Paulpieter­sburg. Ek het onlangs begin om my eie biltong te maak. Dit is verbasend lekker en is ’n groot verkoper.

WAT VAN DEKOR EN GESKENKE?

Ek het in 2012, nadat ek klaar gestudeer het, ’n ondernemin­g begin wat geskenke en dekorartik­els landwyd koop en weer ver- koop. Dit was ’n manier om eerder terug te kom plaas toe as om in die stad te gaan woon. Ek verkoop nou dié artikels deur die padstal.

IS DAAR IETS WAT JY WENS JY HET GEWEET VOOR JY DIE PADSTAL GEOPEN HET?

’n Mens wil natuurlik voor die tyd weet of ’n nuwe ondernemin­g ’n sukses gaan wees, maar ongelukkig moet jy eers begin en aan die gang kom voor jy dít uitvind.

WAS BAIE BEMARKING NODIG OM DIE PADSTAL BEKEND TE STEL?

Ek gebruik hoofsaakli­k sosiale media (Facebook). Dit is doeltreffe­nd omdat so baie mense dit gebruik. Dit bereik dus ’n groot gehoor. As een persoon van iets op jou blad hou, is daar ’n rimpeleffe­k, want al sy of haar vriende kan die “like” sien. So bereik jy die regte mense. Word of mouth, veral as mense van jou produk of diens hou, bly egter bobaas. Ek het ook bordjies langs die pad opgerig wat die padstal adverteer. Die mense is lekker nuuskierig en kom kyk graag wat binne aangaan. Gewoonlik is hulle in hul skik met die winkel en keer terug.

HOE HET JY DIT GEFINANSIE­R?

Aangesien ek nog altyd goed gekoop en verkoop het, het ek spaargeld gehad waarmee ek die nuwe besigheid kon begin.

HOE KRY JY ALLES GEDOEN?

Ek het ’n vrou op die plaas se potensiaal raakgesien. Ek het haar rekenaarop­leiding gegee, en van voorraadop­names en klantedien­s geleer. Ek het haar ook geleer hoe om roosterbro­odjies te maak en foonbestel­lings te neem by die boere wat net vinnig ’n broodjie wil kom oplaai. Ek los die padstal in haar hande terwyl ek na my varkies kan omsien! Ek sluit net saans en gaan loer deur die dag in om te sien hoe dinge verloop. Soms gebruik ek ook my ma se slaghuispe­rsoneel (drie mense) om my te help biltong maak en te verpak.

WATTER WENKE HET JY VIR ANDER VROUE-ENTREPRENE­URS?

Ek hou by ’n daaglikse roetine. ’n Intensiewe varkboerde­ry vereis dat sekere dinge op sekere tye gebeur en ek beplan my dag daarvolgen­s. Maak lysies. Jy kan nie elke keer dorp toe ry as jy iets nodig het nie. Sorg dus dat jy net een keer per week hoef te ry en dan álles koop. Beplan vooruit sodat jy nie onnodig tyd mors om goed uit te sorteer wat jy vooraf kon gereël het nie. Bestel byvoorbeel­d jou voorraad betyds, voor dit heeltemal op is.

NA WATTER GOEIE RAAD IS JY BLY JY HET GELUISTER?

Begin klein, en brei uit as jy sien jou plan werk. Ek kon ná vyf maande my winkel se ruimte verdubbel toe ek sien daar is potensiaal. Ek kon toe ’n groter verskeiden­heid produkte aanhou en my ware beter uitstal.

WAT HOU DIE TOEKOMS IN?

Ons wil graag ’n deel van die winkel inrig waar jy koffie en koek kan geniet. Hier is ’n pragtige dam en grasperk op die perseel. Mense sal dus lekker kan sit en kuier.

 ??  ?? 1. Die padstal het vinnig gegroei en binne vyf maande kon Crizanne Botes dit uitbrei. Dit het onder meer gehelp met beter uitstalrui­mte.
1. Die padstal het vinnig gegroei en binne vyf maande kon Crizanne Botes dit uitbrei. Dit het onder meer gehelp met beter uitstalrui­mte.
 ??  ?? 2. Crizanne het haar eerste ondernemin­g begin om haar in staat te stel om terug te keer plaas toe. Vir ’n lewe in die stad was sy beslis nie lus nie.
2. Crizanne het haar eerste ondernemin­g begin om haar in staat te stel om terug te keer plaas toe. Vir ’n lewe in die stad was sy beslis nie lus nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa