Landbouweekblad

’n Slaggat om raak te sien

- HART TOT HART

Rykdom en armoede is begrippe wat waarskynli­k so oud is soos die mensdom self. Die mooiste, sowel as die lelikste, kom in mense na vore wanneer rykdom en armoede ter sprake kom. Hoekom is daar so ’n skerp verdeling en verdeeldhe­id oor die hantering van hierdie saak? Wat is die rede dat daar van die vroegste tye af so ’n groot gaping ontstaan het? Is dit mensgemaak of ’n goddelike beskikking? Het God sommige mense ryk gemaak en ander arm met die grootste aantal mense so iewers tussenin?

Dis interessan­t dat die Skepper van die mens ons nie soos elektronie­se masjiene gemaak het, wat binne gegewe toestande outomaties aan- of afskakel nie. God gee vir ons in Sy Woord riglyne waarbinne ons ’n oordeel kan fel en besluite kan neem. Hy verdoem nie rykdom en verhef nie armoede tot ’n deug nie. Vir die rykes het Hy ’n boodskap: “Moenie jou hart verhard en jou hand toehou vir jou arm broers nie . . . Jy moet jou hand wyd oopmaak . . . en genoegsaam gee . . . vir wat hom ontbreek” (Deut. 15:7-11). “Hy wat hom oor die behoeftige­s ontferm, eer vir God” (Spr. 14:31). Die apostel Paulus skryf: “Julle wat nou oorvloed het, moet dié help wat gebrek ly. So kom daar ewewig . . . Dié met baie, het nie veel gehad nie en dié met ’n bietjie, nie te min nie” (vgl 2 Kor. 8:9-15).

Wat die armes betref, moet ’n mens onthou daar is mense wie se armoede nie deur hul eie toedoen is nie, maar daar is ook armes wat hulself deur hul luiheid arm gemaak het. Vir laasgenoem­de groep is daar ’n duidelike boodskap. Die wyse koning Salomo het gesê: “Hy wat met die hand bymekaar maak, kry altyd meer” (Spr. 13:11). Christus het gesê: “Ek moet die werk doen van Hom wat my gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie” (Joh. 9:4). Paulus skryf: “As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie” (2 Tess. 3:10).

Mag God ons die wysheid en die daadkrag gee sodat ’n gebrek aan ewewig nie ’n vernietige­nde slaggat word nie.

Hy verdoem nie rykdom en verhef nie armoede tot ’n deug nie.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa