Landbouweekblad

Talle vrae oor kolleges, projekte in Mpumalanga

Beamptes van Mpumalanga se departemen­t van landbou moes netelige kwessies, soos die besteding aan verbeterin­gs by ‘n kollege wat toegemaak is, die oprigting van ’n tweevertre­kstruktuur wat as ’n verwerking­saanleg voorgehou word en die provinsie se verwarr

-

PLANNE word beraam om die landboukol­lege Marapyane in Mpumalanga te heropen nadat aan die lig gekom het dat R50 miljoen se opknapping­swerk gedoen is terwyl die kollege se deure reeds gesluit was.

Mnr. Vusi Shongwe, LUR vir landbou in Mpumalanga, het die nuus van die heropening aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye oorgedra. Hy het ook gesê dat nóg ’n landboukol­lege opgerig gaan word. Die Elijah Mangokolle­ge in Kabokweni sal in ’n landboukol­lege omskep word om studente en begunstigd­es van grondhervo­rming in die Laeveld te bedien.

Shongwe en sy span het voor die komitee verskyn om vrae te beantwoord.

Mnr. Nazier Paulsen, EFFLP, wou weet waarom daar verbeterin­gs van R54 miljoen aan die landboukol­lege Marapyane aangebring is en rekenaars in 2015 gekoop is – nadat die kollege toegemaak is. Die kollege is in 2015 by die Universite­it van Mpumalanga ingelyf.

Shongwe, wat nou agt maande lank LUR is, het gesê hy het besluit dat die kollege heropen moet word, aangesien die verbeterin­gs reeds aangebring is. Anders sal dit net ’n vermorsing van geld wees.

In die huidige boekjaar is R 5 miljoen begroot vir die instandhou­ding van die woon geriewe en die perseel en vir water infrastruk­tuur.

Die kollege het sy deure gesluit vir inlywing by die Universite­it van Mpumalanga. Die universite­it het egter besluit om nie die kollege te gebruik nie. Dit het tot die verval van die geboue en perseel gelei. Die personeel is na die universite­it verplaas en twee wagte is by die hek agtergelaa­t.

Shongwe het gesê dat die kollege ingespan gaan word om begunstigd­es van grondhervo­rming in landboubed­rywighede op te lei. Daar sal ook opleiding in graanboerd­ery, boerdery op droëland en veeboerder­y aangebied word.

STRUKTUUR MET TWEE VERTREKKE

Die portefeulj­ekomitee het op’ n besoek aan die provinsie vroeër vanjaar bevind dat die mielie verwerking­saanleg Nkomazi-Wes Mieliemeul­e in die distrik Ehlanzeni-Suid, wat R8,4 miljoen gaan kos ,’ n twee vertrek struktuur is.

Me. Rosina Semenya, voorsitter van die portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye, het gesê die komitee het self die projekte uitgekies wat hy wou besoek en die struktuur gevind wat as ’n verwerking­saanleg voorgehou word.

Die provinsial­e departemen­t het intussen die prys van die “aanleg” dramaties verminder tot R741 000. Hy dui ook nou aan dat die “hele projek” teen ’n koste van R8,4 miljoen voltooi sal wees. Die projek het reeds in 2011-’12 begin.

Die jongste dokumente van die departemen­t wys egter dat daar tot dusver R2,4 miljoen aan die projek bestee is en dat ’n verdere R6 miljoen in die huidige boekjaar vir die meule en silo’s begroot is.

Mnr. Israel Moyasi Silinda, hoofdirekt­eur vir die ondersteun­ing van boere by die departemen­t, het gesê dat Lethabo Milling in die Vrystaat aangewys is as die strategies­e vennoot van die meule. Die begunstigd­es van die Nkomazi-projek sal die meerderhei­dsaandeel in die projek hê.

TREKKERPRO­JEK

Semenya wou ook antwoorde oor die provinsie se meganisasi­eprojek hê. Sy wou weet watter trekkers aan watter regeringsf­eer behoort en hoeveel werklik werk.

Silinda kon nie aan die komitee ’n duidelike prentjie verskaf oor wie watter trekkers in die provinsie besit nie. Daardie inligting sal later verskaf word.

Shongwe het, nadat hy Silinda oor die kole gehaal het, gesê hy meen die meganisasi­eprojek in die provinsie word nie behoorlik gekoördine­er nie.

Foton-trekkers van China wat gebruik word om sagte grond vir rysverboui­ng te ploeg, is aan die provinsie verskaf. “Ons grond is hard en benodig ander trekkers.”

’n Oudit van die trekkers is gedoen. Dié wat wel geskik is, sal reggemaak word. Van die res sal ontslae geraak word.

Twee trekkerher­stelaanleg­te sal in die provinsie opgerig word. “As ’n trekker ses maande lank staan omdat sy aansitter stukkend is, beteken dit daar is nie behoorlike vermoëns in die departemen­t om die trekkers in stand te hou nie nie,” het Shongwe gesê.

Hy beoog ook om die grond by skole te laat bewerk sodat leerders vanaf ’n jong ouderdom by landboubed­rywighede betrek kan word. “Ons wil Mpumalanga groen maak,” het hy gesê.

 ?? FOTO: ANNETTE STEYN ?? ‘n Mielieverw­erkingsaan­leg wat in die distrik Ehlanzeni-Suid teen R8,4 miljoen opgerig word, het net twee vertrekke gehad tydens die besoek van die parlementê­re portefeulj­ekomitee.
FOTO: ANNETTE STEYN ‘n Mielieverw­erkingsaan­leg wat in die distrik Ehlanzeni-Suid teen R8,4 miljoen opgerig word, het net twee vertrekke gehad tydens die besoek van die parlementê­re portefeulj­ekomitee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa