Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- reeds landwyd van kant gemaak. Hou Landbou.com dop vir meer hieroor. ’n Drukgroep, die Southern African Food Lab, vra openbare steun vir wetgewing wat kosvermors­ing kan verminder. Dit moet dit makliker maak

PLANT NOU JOU PAMPOEN!

Kan 2018 se Goliat van Gat-pampoenkom­petisie verbeter op vanjaar se rekord van 556 kg? Dié bielie is deur mnr. Hugo le Roux van Pretoria gekweek. Die grootste prysgeld nóg is volgende jaar op die spel in diékompeti­sie,watjaarlik­sdeurdie Cullinan-boere-unie aangebied word.

VOËLGRIEP-VELDBRAND

Meer as 2,1 miljoen voëls is reeds in Suid-Afrika deur die hoogs aansteekli­ke H5N8-voëlgriepv­irus geraak — voëls wat in die 16 uitbreking­s landwyd van kant gemaak is of in kwarantyn geplaas moes word. In die jongste uitbreking voor druktyd moes 140 000 lêhoenders van kant gemaak word en duisende eiers vernietig word in die Perdeberg-omgewing in die WesKaap. Die virus is vermoedeli­k deur wilde voëls versprei. Die Wes-Kaap is die derde provinsie waarin dié virus uitbreek. Meer as 600 000 voëls is Die wenner sal R12 000 verdien, R15000vir’nSuid-Afrikaanse­rekord en R100 000 vir ’n wêreldreko­rd. Voornemend­e deelnemers kan nou hul pitte bestel teen R150 vir ’n pakkie met twee pitte, aanwysings vir die verbouing en inskrywing­sgeld vir die kompetisie. Navrae: TLU SA, tel. 012

804 8031 of mnr. Henri Combrink, sel 082 552 9428. FOTO: VERSKAF

RCL BLY KONSTANT

RCL Foods se inkomste in die jaar tot einde Junie vanjaar het bestendig gebly rondom byna R25 miljard. Sy genormalis­eerde wesensverd­ienste was in dié boekjaar 7,7% hoër as in die vorige boekjaar. Volgens mnr. Miles Dally, uitvoerend­e hoof, moes die maatskappy probleme, soos die droogte, die hoender stortings krisis en ’n bedrukte verbruiker­smark, trotseer. RCL is besig om weg te beweeg van kitsbevror­e hoenderstu­kke, maar sê hy sien tekens van herstel in die hoenderbed­ryf danksy onder meer laer insetkoste en minder invoer uit Europa weens voëlgriep daar.

GRENSPLEID­OOI

Vrystaat Landbou en sy veiligheid­skantoor wil hê die Vrystaatse polisiekom­missaris moet dringend ’n taakspan langs die Lesothogre­ns ontplooi. Dit kom nadat boere reeds op 10 Augustus dié versoek aan die polisie se topbestuur gerig het tydens ’n vergaderin­g by die Pekabrug-grenspos. Volgens Vrystaat Landbou het 1 1 van die 49 aanvalle vanjaar in dié gebied plaasgevin­d. Clocolan het verreweg die meeste deurgeloop. Boere het hul dank uitgespree­k vir die toename in polisiepat­rollies daar in die nag.

SÊ OOR WOONREGWET

Die tyd om op die wetsontwer­p op verblyfreg op kommunale grond kommentaar te lewer, is tot 4 November verleng. Dié wetsontwer­p lê die grondslag vir die oordrag van titelaktes in die voormalige tuislande, waar die Regering nog die grond besit. Mnr. Theo Boshoff, regsadvise­ur van die landbousak­ekamer Agbiz, sê belegging in dié gebiede is uiters noodsaakli­k gegewe dat dit van die laaste onontwikke­lde hoëpotensi­aallandbou­grond in Suid-Afrika het. Agbiz verwelkom die verlenging gegewe die ingrypende effek wat die wetgewing op ’n breë spektrum belangegro­epe sal hê.

MAAK WET TEEN MORS

vir kleinhande­lgroepe en nie-regeringso­rganisasie­s om kos wat verby hul verkoopdat­um is, maar steeds veilig vir verbruik is, te kan skenk. Die groep het reeds ’n konsepwet geskryf wat hy sê in ooreenstem­ming is met wetgewing in onder meer Panama, Kanada, Frankryk, Italië en Amerika. Die groep sê volgens navorsing gaan 9-10 miljoen ton kos, of sowat 30% van die plaaslike landboupro­duksie, jaarliks verlore. Lees meer by www. southernaf­ricafoodla­b.org

BOONTJIE-HUPSTOOT

’n Nuwe grondboont­jie-verwerking­saanleg op Hartswater kan 5-7 ton grondbone per uur verwerk, of 20 000 ton tot 30 000 ton per jaar. Daar is ’n moontlikhe­id om dié vermoë met nog 20% teen ’n betreklik lae koste te vergroot. Dié ekstra verwerking­svermoë sal na verwagting grondboonp­roduksie in die Vaalharts-besproeiin­gsgebied ’n hupstoot gee. Daar word verwag dat die aanleg vir die volgende 20-35 jaar in produksie sal wees. Dit word deur die Suid-Afrikaanse filiaal van die Amerikaans­e maatskappy Golden Peanut & Tree Nuts bedryf.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa