Landbouweekblad

PRIVATE GELD, SOOS BITCOIN, IS DIE TOEKOMS — DAWIE ROODT

-

Geld en die wêreld van geld is besig om drasties te verander, en die publiek moet bewus wees van ander vorme van geld en hoe dit magsbasiss­e kan verander, het mnr. Dawie Roodt, hoofekonoo­m van die Efficient-groep, gesê. Hy het onder meer na bitcoin verwys.

ALF skryf: Uitstekend gestel, Dawie. Mense moet hulself so spoedig moontlik van hierdie tegnologie vergewis. Vyf jaar gelede kon min mense en plekke ons help om bitcoins te koop, maar vandag is daar ’n magdom inligting. Wees egter baie versigtig en vergewis jouself eers mooi van hoe alles werk deur met ’n klein bedrag die water te toets. Kyk elke dag 15 minute na ’n YouTube-video oor die blokkettin­g (blockchain).

Die tyd sal leer watter “geldeenhei­d” bo gaan uitkom, maar die blokkettin­g is hier om te bly. Moenie verbaas wees nie as China dalk binnekort deur die blokkettin­g wil weet waar sy volstruisv­leis, pekanneute en perskes vandaan kom, wat die volstruise gevreet het en op watter plaas die volstruisv­oer gekweek is.

CORRIE skryf: Hierdie dinge gebeur nou vinnig. Dit is opwindend, maar ook vreesaanja­end!

WESSEL skryf: Jy kan jou bitcoins in ’n hardeware-beursie sit en in jou kluis bêre, wat verkieslik is. Kuberkrake­rs kan dit dan glad nie steel nie en die Regering sal ook nie daarvan weet nie. Jy kan jou bitcoins dan net op ’n beurs plaas as jy daarvan wil verkoop.

Jy kan ook ál jou geld uit die land neem en dit in enige ander land gebruik.

Jy kan ’n Luno-beursie van die Google Playstore en iTunes aflaai om bitcoins te koop.

Op YouTube is baie om te leer in video’s deur Andreas Papadopulu­s. HENNIE skryf: Gaar liewer water op.

JOHANN skryf: Ek meen hierdie tipe geld is ook veilig teen staatskapi­ng en nasionalis­ering. Kan jy dit gebruik om jou pensioen veilig te hou?

MIKE skryf: Ek doen dit al ’n paar jaar lank, en net in die afgelope sewe maande was daar ’n 300%-verhoging in waarde. Geen bank kan dit vir jou gee nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa