Gee ooi in dié 100 dae beter voer
Vir enige skaapboer is dit noodsaaklik om die vrugbaarheid en speenpersentasie van sy kudde op peil te hou en te verbeter. Faktore wat wolgehalte raak, is egter net so belangrik vir die wolboer. Mnr. Hendrik van Pletzen, tegniese bestuurder by Voermol Voe
Deesdae skenk skaapboere baie aandag aan bestuurspraktyke wat meer lammers en veral meerlinge lewer. Dit sluit in die gebruik van hormone, lamhokke en strategiese byvoeding.
Dié beginsel is korrek omdat die speen en bemarking s persentasie so’ n groot invloed op winsgewendheid het.
Die fokus op wolproduksie is in die proses gereduseer tot wolgehalte wat met die hand en oog beoordeel word.
Met die stabiele, goeie wolpryse en die bydrae wat wolproduksie tot winsgewendheid lewer, maak dit ekonomies sin om aandag te gee aan wolproduksie en spesifiek die hoeveelheid wol wat per skaap of oppervlakteeenheid gelewer is.
Dit is algemeen bekend dat die hoeveelheid wol afhanklik is van twee groot faktore, naamlik die omgewing en genetiese eienskappe.
OMGEWINGSFAKTORE
Die hoeveelheid wol wat ’n skaap potensieel in sy leeftyd kan lewer, word reeds by die ongebore lam vasgelê. Primêre en sekondêre follikel ontwikkeling vind plaas in die laaste derde van dragtigheid en staak ongeveer met speentyd.
Die dag as die lam gebore is, kan die hoeveelheid follikels nie méér word nie.
Navorsing toon dat die nageslag van ooie wat in die laaste derde van dragtigheid tot speentyd te min voeding ontvang het, tot 20% minder wol oor hul leeftyd lewer (navorsing deur Schinckel & Short, 2001).
Dié kritieke tydperk rakende die vaslegging van leeftyd s wolproduksie stem ooreen met die hoë voedingsbehoefte van die ooi om genoeg bies en melk te lewer om gesonde, swaar lammers te speen. Haar voeding in hierdie tyd beïnvloed ook die ontwikkeling van eierselle wat die grootte van die volgende lammeroes bepaal.
Dit is veral belangrik om te belê in goeie voeding en byvoeding aan ooie in die tydperk vier tot ses weke voor lamtyd en gedurende die eerste agt weke van laktasie. Hierdie tydperk kan tereg beskryf word as die 100 “rooi dae” in die ooi se produksiejaar.
Omgewingsfaktore, soos die beskikbaarheid en gehalte van weiding, grondtipe, veldtipe, reënval, klimaat en laktasie, beïnvloed wolproduksie direk.
Die uitwerking van verskillende voedingsbronne op wolproduksie is in die somerreëngebied gedoen waar mieliereste as weiding en ander ruvoerbronne beskikbaar is.
Die mieliereste is teen drie veeladings – 6, 9 en 12 skape per hektaar – bewei en die verskillende ruvoere is in proefkrale gevoer. Die studie is met tweetot viertandMerinohamels oor 114 dae gedoen.
Die hoogste skoonwolproduksie is by lusernhooi van topgehalte (2,06 kg) en die laagste produksie op droogtemieliekuilvoer van swak gehalte (0,78 kg) aangeteken. Dit is ’n verskil van 164%. Dié studie bevestig voeding het ’n groot invloed op wolproduksie.
Boere wat net op veld boer, is deeglik bewus van die nadelige uitwerking van ’n rampdroogte op wolproduksie. Die uitdaging lê in veldbestuur en praktyke wat veldgehalte op lang termyn verbeter. Daarmee saam is die strategiese byvoeding in die 100 rooi dae van die ooi se produksiejaar kostedoeltreffend, ook om haar eie wolproduksie in stand te hou.
GENETIESE FAKTORE
Die oorerflikheid van skoonwolproduksie is hoog en daarom is dit eenvoudig om regstreeks daarvoor te selekteer.
Met natuurlike paring speen ’n goeie ooi agt lammers in haar leeftyd en ’n ram kan oor drie jaar met twee lamtye per jaar 180300 nageslag lewer.
Die genetiese bydrae wat die ram lewer, is uiters belangrik. Die gebruik van ramme met bogemiddelde teelwaardes vir skoonwolproduksie sal wolproduksie betreklik vinnig in die kudde verhoog.
’n Goeie balans tussen produksiekenmerke bly die wagwoord en wolproduksie moet in harmonie met die omgewing wees.