Landbouweekblad

KABELJOUSK­IP ‘AAN ’T SINK’

-

Hoewel dit betreklik goed gaan in die meeste akwakultuu­rbedrywe, sukkel die kabeljoube­dryf om kop bo water te hou.

Die rooskleuri­ge toekoms wat meer as ’n dekade gelede vir kabeljoute­lers voorspel is, het nooit gerealisee­r nie. Boonop voorspel die tekens in die bedryf geen beterskap nie. Volgens mnr. Etienne Hinrichsen, besturende direkteur van die maatskappy AquaEco, was die prys wat in destydse sakemodell­e vir kabeljou voorspel is, heeltemal te hoog en die produksiek­oste heeltemal te laag.

“Tensy die markprys vir kabeljou drasties toeneem, is daar nie juis ’n toekoms vir kabeljoute­ling nie omdat die produksiek­oste so hoog is. Ten spyte daarvan dat vis wat uit die see gevang word al hoe minder raak, is die vraag steeds nie op ’n volhoubare vlak vir aanwal-produksie nie. Daar is reeds aansoek gedoen om produksie in hokke in die see, maar die omgewingsi­mpakstudie­s is nie goedgekeur nie.”

Die vooruitsig­te vir perlemoen, oesters, mossels, kurpers en babers lyk egter betreklik goed. “Die plaaslike markte vir die meeste van dié akwakultuu­rspesies is goed, maar dit is ’n baie klein nismark. Indien babers goed bemark word, kan dit die gaping vul wat deur kwynende sardien-verskaffin­g gelaat word.

“Die perlemoenb­edryf betree nou volwassenh­eid. Die prys van perlemoen het egter nie veel gegroei oor die afgelope dekade nie. Skaalekono­mie het daarom al hoe belangrike­r geword.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa