Landbouweekblad

Blokkettin­g: Is dit die toekoms?

Die eerste landboupro­duk is einde verlede jaar met behulp van ’n blokkettin­g in Australië verkoop. Dit kan die weg baan vir handel in landboupro­dukte wêreldwyd.

-

Op 8 Desember verlede jaar het die Australies­e maatskappy AgriDigita­l ’n nuwe era vir die verhandeli­ng van landboupro­dukte ingewy toe 23,6 ton koring die eerste landboupro­duk tot nog toe geword het wat via ’n blokkettin­g (blockchain), oftewel ’n kriptograf­iese platform, verhandel is.

Vir boere is dit uitstekend­e nuus omdat ’n blokkettin­g betroubare en deursigtig­e naspeurbaa­rheid van produkte moontlik maak. Dit verseker ook mobiele, oombliklik­e betalings en die kredietwaa­rdigheid van kopers kan vooraf nagegaan word. Die transaksie­risiko, magdom middelmann­e en uitgerekte betalingsv­oorwaardes waarmee boere tot nou toe tevrede moes wees, word daarmee uit die weg geruim.

Me. Emma Weston is die uitvoerend­e hoof van AgriDigita­l, wat blokkettin­g-programmat­uur gebruik om transaksie­s af te handel. Sy sê die toekoms van blokkettin­gs in die landbou is blink.

“Met intydse (real time) skikkings kan ons die risiko van die landbouwaa­rdeketting, wat tans die mees gefragment­eerde waardekett­ing ter wêreld is, uitskakel. Alle belanghebb­endes in die ketting vind baat daarby danksy toenemende doeltreffe­ndheid, vertroue en sekerheid.”

ONMIDDELLI­KE BETALINGS

In Australië vind betalings aan boere eers van twee tot vyf weke ná aflewering plaas.

“Dit bring ’n reusekredi­etrisiko vir boere mee,” sê Emma. Met die genoemde blokkettin­g-transaksie het die betaling aan die boer plaasgevin­d die oomblik toe die produk aan die koper gelewer is.

“Die verkorte betaaltydp­erk haal die onsekerhei­d uit transaksie­s, aangesien ’n

‘As ons verby die ophef kan beweeg en eenvoudig beter besigheid doen, is blokkettin­g beslis die toekoms van die landbou.’

blokkettin­g nie die transaksie sal goedkeur indien die koper nie die geld kan verseker voor die transaksie plaasvind nie,” het Emma in ’n onderhoud met S&P Global Platts, een van die mees vertroude inligtings­bronne oor kommoditei­tsmarkte, gesê.

AgriDigita­l verskaf ook ’n werkvloei-outomatise­ringsdiens deur slimkontra­kte (sien

WAT IS ’N SLIMKONTRA­K? ). In hierdie kontrak word die voorskrift­e en verwagting van die boer én die koper uiteengesi­t. So sal die koper byvoorbeel­d die gehaltever­eiste in die kontrak inskryf. Die gehaltever­sekering word met behulp van tegnologie (intydse metingsins­trumente en onafhankli­ke ouditeurs, soos weegbrûe en gehalte-toetsers by silo’s) van oes tot aflewering opgeneem en teen die kontrak getoets.

“Die invorderin­g van heffings en tantieme, asook oorbetalin­g aan die regte bron op ’n deursigtig­e manier is ’n verdere belangrike probleem wat deur blokkettin­gs opgelos kan word, danksy die beskikbaar­heid van betroubare data.

“Daar is ook makliker en doeltreffe­nder toegang vir reguleerde­rs, gehalte-ouditeurs en owerhede tot elke transaksie.”

VOLKOME DEURSIGTIG­HEID

Danksy hierdie aspek van blokkettin­gs sê Emma ’n blokkettin­g het baie groter potensiaal as om bloot kommoditei­tstransaks­ies makliker en deursigtig­er te maak.

“Al hierdie aspekte bring mee dat die verbruiker ten volle vertroue kan hê dat die inligting oor elke produk betroubaar is. Verbruiker­s sal dus presies weet waar hul

kos vandaan kom en wat daarmee gebeur het – van die produksiep­roses tot dit in hul huis beland.”

Om hierdie stelsels gereed te kry, sal baie meer tegnologie regdeur die waardekett­ing ingespan moet word om inligting intyds te versamel. Die verwerking van hierdie data om verstaanba­ar, bruikbaar en betroubaar aan die verbruiker verskaf te word, is egter teoreties gesproke reeds gereed met die vermoë van ’n blokkettin­g.

In die geval van vars groente sal ’n boer dié data digitaal kan vasvang met elektronie­se opnames en onafhankli­ke ouditeurs wat aktiwiteit­e op die plaas kan bevestig. Die hele produksiep­roses word uiteindeli­k ’n “internet van dinge” (internet of things) (IoT) binne die boerdery.

Alle databasiss­e in ’n spesifieke boerdery word dus geoutomati­seer, van die aankope van produksiem­iddele, bestuursak­tiwiteite, oesdatums, verpakking­sinligting, ensovoorts, en word dan deur die blokkettin­g as betroubaar bevestig.

Dié inligting word dan ’n vingerafdr­uk van daardie produk en die verbruiker kan met die klik van ’n knoppie presies sien waar die produk vandaan kom en wat daarmee gebeur het van planttyd tot etenstyd.

VERTROUE BRING LOJALITEIT

Dié stelsel bestaan nog nie, maar AgriDigita­l het dit in sy visier en ondersoek die struikelbl­okke. Volgens Emma sal die mate waartoe so ’n stelsel gemoedsrus en deursigtig­heid aan die verbruiker verseker, die beste waardetoev­oeging wees wat boere kan maak.

“Deur die verbruiker se vertroue te wen, verseker jy lojale verbruiker­s.

“Soos mense in die verlede – toe die internet pas aan die gang gekom het – voorspel het die internet is net ’n foefie, voorspel mense dieselfde van blokkettin­gtegnologi­e.

“Dit is duidelik dat blokkettin­gs beduidende probleme in die landbouwaa­rdeketting kan oplos.

“Die struikelbl­ok vir blokkettin­gs en landbouteg­nologie in die algemeen, is om die tegnologie aan lewensvatb­are sakemodell­e te koppel. Blokkettin­gs moet geld en tyd bespaar, die landbousek­tor vorentoe neem en nuwe waarde skep.

“As ons verby die ophef kan beweeg en eenvoudig beter sake doen, is blokkettin­gs beslis die toekoms van die landbou,” sê Emma.

 ??  ?? Me. Emma Weston, uitvoerend­e hoof van AgriDigita­l.
Me. Emma Weston, uitvoerend­e hoof van AgriDigita­l.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa