Landbouweekblad

TANGE EN LEMME VIR ELKE SITUASIE

-

Voor mesmoertan­ge (multi-tools) het ons almal ’n rooi Switserse weermagmes­se gehad waarmee ’n mens ’n blikkie sousboontj­ies kan oopmaak, ’n kurkprop uit ’n wynbottel kan trek, ’n gaskoeldra­nkbotteltj­ie se proppie kan afknak, jou naels kan sny, skroewe kan vasdraai en biltong kan kerf.

Toe produkte, soos Leatherman en Gerber, op die mark kom, het dinge verander. Skielik was die ou staatmaker in elke boerseun se sak nie meer so nuttig nie, want hoe op aarde kan ’n mens deur die lewe gaan sonder ’n tang aan jou sy? Dit het so ver gegaan dat Victorinox, die naam agter die Switserse mes, later ook ’n mesmoertan­g gemaak het. Dit is ’n bielie van ’n tang waarmee jy selfs leeutande kan trek – as jy vir ta kan kry om mooi stil te sit.

Genadiglik het die maatskappy aangehou om sy nuttige rooi knipmesse ook te vervaardig en van die reekse selfs uitgebrei. Dit is die topgehalte lem wat sy snyvlak so lank hou wat verseker het dat daar in die meeste kakiebroek­sakke en bakkiepane­elkissies altyd ’n rooi knipmes agtergebly het.

Die Switserse weermag kan nou gerus opgradeer na die nuwe Hercules-mes toe. Dit het al die funksies van die ou weermagsta­atmaker, maar spog ook met ’n klein tangetjie en langer lemme. Dit is veral nuttig wanneer ’n mens die saaglem gebruik. Wanneer jy ’n stukkie taai biltong kry, kan jy maar met hom stoei, want die snylem het ’n veilige sluitaksie. Eintlik is al 18 funksies ewe nuttig, dit hang net af waar jy jou bevind. Vra maar vir MacGyver.

Prys: R1 156 NAVRAE: Sharp Edge, tel. 011 883 3059.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa