Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE internasio­nale sentrum vir landbou en biowetensk­ap (CABI) sê die herfskomma­ndowurm is nou ’n permanente landboukwe­ssie vir Afrika nadat dit sedert sy aankoms verlede jaar in 28 Afrikaland­e aangemeld is. Die CABI sê as die plaag nie behoorlik bestry word nie, sal dit die vasteland se tien belangriks­te mielieprod­userende ekonomieë tussen $2,2 miljard en $5,5 miljard per jaar kos aan verlore oeste.

Namate boere plaagdoder­s aanwend om skade te verminder, loop hulle die risiko dat die plaag weerstand teen middels opbou, wat reeds ’n wydverspre­ide probleem in die Amerikas is. Bio-plaagdoder­s hou ’n laer risiko in, maar min van dié produkte is al goedgekeur vir gebruik in Afrika, wat die behoefte aan dringende plaaslike proewe, en die ontwikkeli­ng en registrasi­e van plaaslike produkte benadruk.

“Mielies kan herstel van gedeelteli­ke skade aan die blare. As boere dus blaarskade sien, beteken dit nie noodwendig hulle moet ’n plaagdoder toedien nie. Navorsing en ’n groot bewusmakin­gs-en opvoedings­poging is dringend nodig sodat boere hul landerye kan monitor en kan besluit of hulle die plaag moet bestry, en, indien wel, hoe,” sê dr. Roger Day, koördineer­der vir sanitêre en fitosanitê­re aangeleent­hede by die CABI.

Navorsing is ook aan die gang om ’n natuurlike, biologiese plaagdoder te identifise­er, soos ’n parasities­e perdeby wat sy eiers in die herfskomma­ndowurmeie­rs lê. Day meen dit kan met verloop van tyd die volhoubaar­ste oplossing vir Afrika se nuutste plaag wees. * Lees ook die artikel op bl. 14.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa