Landbouweekblad

HANDELAARS ‘MOET GOUER OOR INVOER VERSLAG DOEN’

- — NICO VAN BURICK

HOEWEL betrokkene­s nog tot 22 September kan kommentaar lewer oor nuwe beoogde wetgewing oor die verpligte tydige aanmelding van die in- en uitvoer van mielies, voorsien nie een van die betrokke partye enige probleme daarmee nie.

Die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d( NL B R) wag vir kommentaar daarop voor ’n aanbevelin­g aan die minister gemaak sal word.

Mnr. De Wet Boshoff is die woordvoerd­er vir die Suid-Afrikaanse Vereniging van Graanen Oliesaad-handelaars (Sacota). Hy sê dit was basies ’n ooreengeko­me standpunt tussen Graan SA en Sacota binne die Mielieforu­m dat daar nie net weekliks verslag gelewer moet word oor mielies wat fisiek reeds in- en uitgevoer is nie. Dit geld

ook transaksie­s wat beklink is.

“Ons het ooreengeko­m op ’n tydperk van agt weke voor ’n skip vertrek, want dan is ’n handelaar gewoonlik seker oor die kontrak en hang dit nog net van logistieke reëlings af.

“As dit oor ’n langer tydperk is, kan dit lei tot té veel wisselvall­igheid en almal wil juis onstuimigh­eid uit die mark hou. As dit eers in werking is, sal ons kan sien of daar aanpassing­s nodig is.”

ANDER GRANE

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e direkteur van Graan SA, sê Graan SA wou lankal dié sta-

tutêre verslagdoe­ning hê en hy hoop dat dit so gou moontlik in werking sal kan tree.

“Aanvanklik was dit net Graan SA wat hom daarvoor beywer het, maar ek is bly ons kon konsensus met die handelaars bereik.”

Hy sê as dit eers vir mielies werk, sal ander grane, soos koring, en oliesade ook volg. “Dit maak die speelveld net vir almal meer gelyk as almal dieselfde toegang tot markinligt­ing het.”

As handelaars weet daar is skepe met mielies op pad na Suid-Afrika, maar boere weet dit nie, beïnvloed dit die prys en

daar is ’n onregverdi­ge voordeel. De Villiers sê almal in die mark moet dieselfde inligting hê. “As ’n boer sy voorneme om te plant kan bekend maak

en iemand sy opbrengste kom meet, is dit net reg dat ’n handelaar ook verklaar wat hy besig is om in of uit te voer.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa