Landbouweekblad

HOU OP TERUGKYK EN MIK HOËR

- — CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA spits hom te veel toe op bedreiging­s pleks van gesamentli­ke groeimoont­likhede, en moet meer klem daarop lê om as ’n nasie internasio­naal mededingen­d te wees, meen dr. Herman van Schalkwyk, groephoof van Suidwes Landbou.

“Hoe is dit dat ons in Suid-Afrika onsself so in die verlede vasgevang kry en die konteks waarin ons sake doen, vergeet? Is ons ’n nasie wat wil wen? Dit is belangrik dat Suid-Afrika die nasie-konsep weer opneem en die burgers hulself afvra hoe hul strategies­e plan lyk om te wen.”

Hy sê doeltreffe­ndheid word deur arbeidsonr­us, arbeidswet­gewing en die beleidsomg­ewing in die wiele gery. Ironies genoeg, beter produktiwi­teit sal tot hoër lone lei omdat eenheidsko­ste dan laer is. Dit sal ook tot laer inflasie lei. “Een van die faktore wat inflasie aanwakker, is wanneer jou produktiwi­teit laer is as dié van ander lande.”

VERNUWING

Van Schalkwyk het gesê ’n land wat doeltreffe­nder is, kan meer ontwikkel wat bedrewendh­eid betref, en unieke produkte daarstel. Suid-Afrika gee volgens hom te veel aandag aan die prys en gehalte van sy produkte om mededingen­d te wees, pleks van aan vernuwing.

“’n Mededingen­de voordeel is die resultaat van vinnige vernuwing en verbeterin­g, en nie van statiese voordele nie.”

Die landbou se produktiwi­teit word belemmer deur lae vlakke van belegging (weens onsekerhei­d oor sake soos grondherhe­t, vorming en grondplafo­nne), regeringsb­eleid en lae besteding aan navorsing en ontwikkeli­ng.

Landbousku­ld styg en die verhouding tussen kapitaalvo­rming en skuld neem af, wat beteken vir elke bedrag wat geleen word, word ál minder aan kapitaal op plase bestee. Dit bevestig dat belegging in die landbou afneem.

“Ons staan nou by die punt waar ons moedeloos is, maar moet ons nie anders onderhande­l nie?

“Moet ons nie, vanweë die landbou se moontlikhe­de om werk te skep, vakbonde ons vennote maak nie?

“Behoort dit nie vakbonde te pla as daar oor grond gepraat word nie?”

PLAASLIKE VRAAG

Van Schalkwyk sê voorts dit is tot ’n land se voordeel indien hy veeleisend­e verbruiker­s het, want “dit laat jou beter meeding”.

Dit is dus belangrik om die plaaslike mark te ontwikkel, wat insluit dat die armer deel van die bevolking meer gesofistik­eerde verbruiker­s word.

Volgens hom is daar ’n gebrek aan vernuwende, binnelands­e wedywering, terwyl plaaslike mededingin­g noodsaakli­k is vir globale mededingen­dheid.

 ??  ?? Dr. Herman van Schalkwyk
Dr. Herman van Schalkwyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa