Landbouweekblad

SA OP PAD NA SOSIALISME EN KOMMUNISME

- — CARIEN KRUGER

Die belangrike vraag waaroor daar onduidelik­heid is, is of SuidAfrika in die toekoms steeds ’n stelsel van private besitreg en die vrye mark gaan hê, sê mnr. Louis Meintjes, herkose voorsitter van TLU SA.

Hy het in sy voorsitter­srede op die organisasi­e se jaarkongre­s gesê kragtens ANC-beleid, soos vervat in onder meer die Vryheidsma­nifes en beleidsdok­umente, is die land op pad na sosialisme en kommunisme.

Meintjes het bygevoeg die een probleem is om dit teen te werk.

’n Ander probleem is “dat te veel rolspelers in Suid-Afrika dit hoor, maar duidelik nie die implikasie­s verstaan nie”.

WERKLIKHED­E

Hy het ’n beroep op boere gedoen om betrokke te wees by ’n organisasi­e wat die werklikhed­e van die tyd aanvaar en wat beding vir sy lede se beginsels sowel as die land in sy geheel.

“Dit moet die boere self wees wat praat en standpunt inneem. Dit kan nie een of ander struktuur wees waar iemand wat nie ’n boer is nie, wat geen aanvoeling vir die landbou het nie, wat nie die kultuur en karakter van die landbou verstaan nie, namens die boere praat nie.”

Meintjes het samewerkin­g met ander organisasi­es bepleit, “veral met diegene wat die voortbesta­an van die landbou voorop stel en die regte beginsels nastreef”.

Hy het sakeondern­emings gewaarsku dat die meeste van hulle nie sonder die landbou kan bestaan nie.

Oor die onsekerhei­d oor eiendomsre­g het Meintjes gesê as die ANC suksesvol is met die nasionalis­ering of ontneming van grond, “is die weg gebaan vir die totale oorname van die land se bates deur die ANC”.

Dit is dus nie net ’n landbousaa­k nie. “Ons is die eerste, maar saakmakend­e loopgraaf. As die landbou val, val die res daarna.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa