Landbouweekblad

VOORWAARDE­LIK ‘JA’ VIR AGRI SA SE NUWE STRUKTUUR

- — CARIEN KRUGER

AGRI Noordwes het op sy jaarkongre­s sy steun aan Agri SA se planne vir ’n hersiene struktuur toegesê, op voorwaarde dat provinsial­e affiliasie­s, oftewel produsente, se insette die kern vir die bepaling vir beleidsrig­ting bly.

Die kongresbes­luit lui ook dat dit noodsaakli­k is dat landbou-organisasi­es in die algemeen meer vaartbelyn en relevant vir die toekoms moet wees.

Die organisasi­e se herkose voorsitter, mnr. Pierre Vercueil, het ook sy onomwonde steun toegesê aan Agri SA se planne om ’n litigasief­onds te stig om hofsake oor eiendomsre­g en ander aangeleent­hede wat boere kan raak, te beveg.

Vercueil het gesê daar is geen ander manier om die onsekerhei­d oor eiendomsre­g en volle vergoeding vir eiendom te besleg as wat Agri SA tans doen nie.

Hy het in reaksie op ’n aanbieding oor eiendomsre­g van regter Antonie Gildenhuys gesê om sulke regte te beskerm, kos geld.

“Ons kan kortsigtig wees en sê die ledegeld van die georganise­erde landbou is te duur. As ons moet hof toe gaan, kan ons nie jou regte met ’n Mickey Mouse-begroting beskerm nie.”

Vercueil het ook die belangrikh­eid van swart kommersiël­e boere benadruk en boere aangemoedi­g om sakegeleen­thede in bemagtigin­g s vennootska­ppe te benut. (Lees volgende week meer oor Gildenhuys se aanbieding.)

R38 MILJOEN GESOEK

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het gesê die beoogde litigasief­onds benodig sowat R38 miljoen om kwessies te pak, soos hidrobreki­ng in die Karoo en die sogenoemde Msiza-saak, waar ’n regter bepaal het dat ’n plaaseiena­ar minder as markwaarde vir sy grond moet ontvang.

Mnr. Johannes Möller, Agri SA se voorsitter, het gesê dit is belangrik dat Agri SA vinniger a sin die verlede moet kan aanpas, want die Regerings e raadplegin­gs tydperke oor wetgewing is deesdae baie korter en dikwels boonop rondom Kersfees en Nuwejaar.

“Ons het nie meer die luukse om oor en oor te onderhande­l nie, maar net konsulteer.”

Hy het gesê die beoogde veranderin­ge behels nie veranderin­ge aan die federale stelsel, die kongres en beleidskom­itees nie.

Die belangriks­te veranderin­g is dat daar ’n direksie gaan wees en wat aanspreekl­ik gehou gaan word.

WANVOORSTE­LLINGS

Oor Agri Limpopo wat ’n jaar lange moratorium op die beoogde veranderin­ge wil hê, het Van Zyl gesê dit was “nogal verrassend” omdat Agri Limpopo-lede saam met Agri SA deur al die prosesse is.

Möller het bygevoeg dat daar ’n klomp wanvoorste­llings oor die beoogde struktuur is, soos dat buite-organisasi­es Agri SA kan oorneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa