Landbouweekblad

NUWE KULTIVARS TE KRY TEEN PIENKWORTE­L

- — CHARL VAN ROOYEN NAVRAE: Sakata, e-pos: info.saf@sakata.eu; tel. 011 548 2800; hulplyn: 0861 100 458.

Twee nuwe kortdag-uiekultiva­rs met weerstand teen die verwoesten­de siekte pienkworte­l is in Suid-Afrika bekend gestel.

Pienkworte­l kom wêreldwyd voor en is ook die oorsaak van groot oesverlies­e in Suider-Afrika. Die siekte word aan die kenmerkend­e pienk wortels van vatbare, aangetaste uieplante uitgeken. Dit kan slegs met weerstandi­ge plantmater­iaal en wisselbou bekamp word.

Mnr. Pi eter Jordaan, tegniese ontwikkeli­ngs verteenwoo­rdiger van die groente saadmaatsk­appy Seminis, het as spreker opgetree op ’n uieboereda­g van dié maatskappy en Sakata by Brits waar twee nuwe uiekultiva­rs bekend gestel is.

Pieter het gesê pienkworte­l (Phoma terrestris) is ’n swamsiekte. Dit is hoofsaakli­k tot warmer dele van Suid-Afrika beperk omdat die optimale temperatuu­r vir siekte-ontwikkeli­ng 24 °C tot 28 °C is. Die siektedruk is laer by temperatur­e onder 16 °C.

Besmette wortels word ligpienk en later donkerder pienk totdat die wortels disintegre­er. Die plante se blaarpunte begin wit, geel of bruin verkleur namate die blare vrek. Aangetaste bolle is gewoonlik klein en van swak gehalte. Verspreidi­ng van die siekte geskied grootliks van land tot land deur middel van werktuie en water.

Pienkworte­l kan lank op ’n land in oesreste en/of in ander gewasse oorleef.

Benewens die plant van weerstandi­ge kultivars, is ’n langtermyn-wisselboup­rogram nóg ’n metode om pienkworte­l te bekamp. Uie moet verkieslik vier tot ses jaar lank met klein graangewas­se afgewissel word sodat die swamme in die grond kan afsterf voor ’n boer weer uie verbou.

Mnr. Johan Bestbier is verantwoor­delik vir produkontw­ikkeling van wortelgewa­s se van die saadmaatsk­appy Sakata. Hy het gesê die nuwe kultivars waaroor hulle baie opgewonde is, is Hoshi en SVNJ3008, wat albei weerstand teen pienkworte­l bied.

Hoshi is ’n kortdag- bruinuieku­ltivar en het sterk weerstand teen pienkworte­l. Saad is nou kommersiee­l beskikbaar vir boere wat dit wil aanplant. Die kultivar het ’n sterk wortelstel­sel wat die plante in staat stel om bemesting doeltreffe­nd te benut.

Die skutblare is donkergroe­n, wat op goeie opbergings­vermoë dui nadat die bolle geoes is. Die bolle is rond en baie eenvormig, wat belangrik vir kettingwin­kels is wat daarvan hou om groente met ’n eenvormige voorkoms te verkoop.

Die kultivar is wyd in verskillen­de dele van Suid-Afrika aangepas; van die Wes-Kaap tot bo in Limpopo.

SVNJ3008 het ook weerstand teen pienkworte­l. Saad is nog net selektief beskikbaar vir semi-kommersiël­e proewe, aangesien die kultivar nog in die proeffase is. Dit het baie eenvormige bolle en die plant het ’n dun nek, wat belangrik is vir ’n mooi voorkoms is.

 ?? FOTO: CHARL VAN ROOYEN ?? Mnr. Pieter Jordaan met ’n hand vol Hoshi-uieplante.
FOTO: CHARL VAN ROOYEN Mnr. Pieter Jordaan met ’n hand vol Hoshi-uieplante.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa