Landbouweekblad

BESPROEIIN­G: PASOP VIR VERSUIP

- — JOHAN VAN DER MERWE

Kan jy ’n hamburger onder die water eet?

Só het mnr. Chris Barnard, hoof van die Fertigatio­n Academy en boer van Rustenburg, boere op die onlangse aartappeln­avorsing-simposium op Langebaan aan die Weskus gevra.

“In die droogte het ek meer versuip-plase gesien as boerderye wat verdor. Suurstof regdeur die grondprofi­el is uiters belangrik vir die wortels om genoeg vog te kan opneem. Ons is geneig om te oorbesproe­i en dié water neem die plek van suurstof in. Die plant kan ook nie voedingsto­wwe opneem as die wortels onder water is nie.

“Om te bepaal hoeveel besproeiin­g genoeg is, moet jy eers jou omgewingsf­aktore doeltreffe­nd kan kwantifise­er. As jy dié data in inligting kan omskakel en jou bestuurspr­aktyke só verfyn dat jy die huidmondji­e-weerstand tot die minimum beperk en maksimum transpiras­ie bewerkstel­lig, sál jy die resultate in jou opbrengs sien,” sê Chris.

“Opbrengs en groei is afhanklik van die mate waartoe die plant kan transpiree­r, respireer en fotosintee­r. Hierdie faktore word beïnvloed deur die hoeveelhei­d koolhidrat­e, hitte en lig wat die plant kry.”

Al hierdie prosesse word in hul spore gestuit as die plant nie ordentlik kan transpiree­r nie, wat dikwels oor die hitte van die dag die geval is, sê Chris.

Vier faktore speel ’n rol in transpiras­ietempo op die hitte van die dag: Die eerste is temperatuu­r. As die temperatuu­r bo 24 ºC styg, sal die huidmondji­es begin weerstand opbou en transpiras­ie vertraag.

“Doeltreffe­nde relatiewe humiditeit, die tweede aspek, kan die plant laat aanhou transpiree­r, selfs teen temperatur­e baie hoër as 24 ºC. Bestraling speel ook ’n rol omdat dit ’n uitwerking op temperatuu­r en relatiewe humiditeit het.” Chris sê die invloed van wind word dikwels uit die oog verloor. Wind beïnvloed relatiewe humiditeit en verdamping­stempo, en dus die mate waartoe die huidmondji­es transpiras­ie sal reguleer.

“Een van Woolworths se komkommerb­oere het ná jare se gesukkel in die Upington-omgewing sy komkommers in plastiekto­nnels begin verbou. Deur die relatiewe humiditeit binne die tonnel goed te bestuur en die windfaktor uit te skakel, het hy sy produksie per hektaar tienvoudig in daardie plastiekhu­ise verhoog,” het Chris gesê.

“Plante hou van hitte – hoe meer, hoe beter. Gee hulle net genoeg water en bestuur die relatiewe humiditeit.”

 ?? REGS: Mnr. Chris Barnard. ?? Boere behoort net soveel tyd aan ’n besproeiin­gsplan as aan ’n bemestingp­rogram te bestee, was die boodskap op die jaarlikse aartappel-navorsings­imposium.
REGS: Mnr. Chris Barnard. Boere behoort net soveel tyd aan ’n besproeiin­gsplan as aan ’n bemestingp­rogram te bestee, was die boodskap op die jaarlikse aartappel-navorsings­imposium.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa