Landbouweekblad

BOERE IN NANTES HET OOK GEMEGANISE­ER

-

’n Koöperatie­we boerdery in Nantes in die weste van Frankryk wat ook deur die toergroep besoek is, het eweneens grootskaal­s gemeganise­er om die hoë koste van arbeid uit te skakel.

Ses families besit die boerdery op die plaas G.A.E.C. de la Sapiniere, wat 550 ha beslaan. Daarvan word 200 ha vir mielieverb­ouing vir die maak van kuilvoer gebruik. Hulle plant ook koring.

Mnr. Frederic Chopin, hul woordvoerd­er, sê daar is 1 200 beeste op die plaas, waarvan sowat 330 Holsteins op ’n gegewe tydstip lakterend is. Die boerdery lewer sowat 3 miljoen liter melk per jaar.

Hulle voer ook hul eie bulletjies en koop tollies in wat as osse grootgemaa­k en ná ongeveer twee jaar as slagdiere verkoop word.

Die hoofde van elk van die ses families werk op die plaas. Die werk is só verdeel dat elkeen in beheer van ’n afdeling is. Hulle doen ál die werk self nadat hulle die boerdery in ’n groot mate gemeganise­er het en sodoende sonder ekstra arbeid oor die weg kan kom.

Die belangriks­te manier om te meganiseer ten einde hoë arbeidskos­te uit te skakel, is met hul mobiele Kuhn SPW22voerm­engerwa, wat mielie- en graskuilvo­er uit die kuilvoerho­pe inneem, vermeng en aan die beeste voer. Die maalkop vooraan die werktuig is 2 m breed en die bak waarin die voer gestort en gemeng word, beslaan 22 m3.

Hulle meng ook ander rantsoene met die werktuig. Die bestanddel­e is in skure en die bestuurder kan danksy ’n ingeboude skaal die regte hoeveelhed­e van elke bestanddee­l inneem. Hierdie taak word deur die bestuurder alleen uitgevoer. Dit duur sowat twee uur per dag om ál 1 200 beeste te voer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa