Landbouweekblad

SA Pluimveeve­reniging verloor sy grootste lid

- CARIEN KRUGER

TE midde van ’n landwye uitbreking van voëlgriep – waarskynli­k die plaaslike bedryf se grootste krisis tot nog toe – het Astral, Suid-Afrika se grootste pluimvee produsent, uit die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging( SAP V) bedank.

Mnr. Chris Schutte, uitvoerend­e hoof van Astral, sê dit was ’n moeilike besluit, maar die probleme in die SAPV kom al jare lank.

Ná Astral se bedanking einde Julie het mnr. Kevin Lovell, jare lange uitvoerend­e hoof van die SAPV, in Augustus bedank.

Dié genoteerde maatskappy se bedanking beteken die SAPV verloor ’n groot inkomste, aangesien lidmaatska­pgeld volgens ondernemin­gs se grootte bepaal word.

Volgens Schutte is dit belangrik dat’ n bedryf’ n verteenwoo­rdigende liggaam het, onder meer om met die Regering te praat. Hy sê die SAPV is oor jare afgetakel omdat ’n hele paar van die grootste produsente nie lede is nie. Daar is ook groot lede wat nie ledegeld betaal nie, van die lede wil hul kommersiël­e strategieë op ander afdwing en persoonlik­e vetes word boonop daar op die spits gedryf.

Die SAP V het volgens hom gereeld finansieri­ng s-en kontantvlo­eiprobleme gehad, en talle lede“het gekom en gegaan soos hulle wou en dit hulle pas”.

“Astral het probeer om ’n samesnoere­nde verhouding met almal te kweek en om meer lede te werf.”

TÉ DUUR

Die situasie het egter só versleg dat Astral uiteindeli­k volgens Schutte meer as 50% van die SAPV se koste moes dra.

“Een kwartaal het ons tot R10 miljoen betaal om die SAPV aan die lewe te hou.”

Schutte sê Astral dra ook die meeste by tot die F ai r Pla y-teen stortings beweging ,“tot al malse voordeel; ander treknet hul skouer sop ”.

Benewens die geld wat Astral aan die SAPV gegee het, het hy ook menslike hulpbronne beskikbaar gestel, en was Schutte self ook nou betrokke.

“Ek het meer tyd aan die SAPV bestee – in die Parlement, by die Departemen­t van Handel en Nywerheid, by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, by FairPlay, by noodvergad­erings, met unies om hulle saam met ons te kry – as wat ek in my eie kantoor deurgebrin­g het.

“Die res van die bedryf ry eenvoudig op ons rug.”

In ’n klaarblykl­ike verwysing na Lovell, sê Schutte die gedrag van “die SAPV-bestuur” het nie samehorigh­eid in die bedryf bevorder nie en daar was glo lede wat baie ontevrede was met “senior bestuursle­de”.

Een van die kwessies wat Schutte baie omgekrap het, is dat die SAPV oor vraag, aanbod en prys in die media gepraat het, wat volgens Schutte nie strook met die Mededingin­gswet nie.

“Daar mag glad nie gepraat word oor enigiets wat ’n invloed op prys het nie.”

VOËLGRIEP

Schutte sê met dié dat soveel van die groot produsente nie SAPVlede is nie, is die organisasi­e nie meer verteenwoo­rdigend van die bedryf nie.

“As daar nie minstens 80% tot 90% van die bedryf is wat deelneem nie, het jy ’n probleem.”

Schutte sê die voëlgriepk­risis “is net weer ’n bewys dat georganise­erde pluimveebo­ere nie kan saamwerk nie.

“Elke ou kom met sy eie strategie, niemand kyk na die groter belang van Suid-Afrika of na inenting van voëls om ons teeltroppe te beskerm nie. Elke ou kyk net na homself.

“Ons gaan probeer om die virus uit te wis deur hoenders dood te maak . . . tot daar geen hoenders meer oor is nie.

“Tot vandag (teen druktyd) is daar al 48 gevalle aangemeld, en seker nóg soveel is nié aangemeld nie. Ons het klaar endemiese toestande bereik. Ek kan nie bekostig dat die SAP V, wat nie verteenwoo­rdigend van die bedryf is nie, namens Astral oor voëlgriep praat nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa