Landbouweekblad

SA truffelbed­ryf op regte spoor

Die Suid-Afrikaanse truffelbed­ryf begin al hoe meer bewyse oplewer wat dui op ’n gesonde belegging pleks van ’n dobbelspel.

- NAVRAE: Woodford Truffles, e-pos: mirosct@ iafrica.com; tel. 021 791 3953.

Die Suid-Afrikaanse truffelbed­ryf het uiteindeli­k tasbare bewyse dat truffelboe­rdery wél in Suid-Afrika kan floreer. Dit volg nadat vyf ryp truffels by bome in ’n twee en half jaar oue eikeplanta­sie in KwaZulu-Natal gevind is. Hierdie gesonde, ryp swart Perigord-truffels (Tuber melanospor­um) is deur ’n snuffelhon­d van mnr. Max Bastard van die Willowdale-boerdery naby Kokstad opgespoor. Dit bring vanjaar se oes op dié plaas op 4,5 kg te staan. Dit is benewens 250 g ryp truffels wat ook in die Koue-Bokkeveld in arm sandgrond gevind is (sien die KASSIE ).

Dié vondste het baie van die bekommerni­sse oor die bedryf verlig. Eerstens is dit duidelik dat die opleiding van die truffelhon­de in Suid-Afrika suksesvol is. Die kans dat ’n twee en ’n half jaar oue plantasie oortrek is met truffels, is baie skraal en dit is belowend dat die hond die truffels oor ’n groot gebied kon uitsnuffel.

Kenners meen ook dit is ’n belangrike stap om te bewys dat die hele produksiep­roses, van die kweek van jong boompies op die Woodford Truffles-kweekplaas tot by die omsien na kommersiël­e eikeplanta­sies in Suid-Afrika, doeltreffe­nd bestuur word.

Die bedryf is egter steeds in ’n proses om homself te bewys. Die mikpunt is produksiev­lakke van minstens 50 kg/ha, en Max reken selfs tot 100 kg/ha is nie vergesog nie. “Ek was van die staanspoor af oortuig dat truffels ’n winsgewend­e besigheid kan wees. Die tempo waarteen ons leer watter praktyke werk en watter nie, is goed genoeg om my rustig te maak oor die bedryf se toekoms.”

Teen die huidige prys van sowat R8 000/kg is dit te verstane hoekom Max hoopvol bly.

WÊRELDMARK ONDERVOORS­IEN

Die Suid-Afrikaanse truffelbed­ryf sal internasio­naal moet meeding. Volgens mnr. Volker Miros, die vader van die Woodford-truffelmaa­tskappy waardeur Max sy truffels bemark, word nie eens in 30% van die internasio­nale vraag na truffels voorsien nie.

“Die beraming van die wêreldmark is ongeveer 2 000 ton per jaar, maar tans word daar jaarliks wêreldwyd hoogstens 500 ton gelewer. Ons klem is dus op die internasio­nale mark en daar is groot geleenthed­e,” het hy gesê op ’n onlangse inligtings­essie in die Koue-Bokkeveld vir Woodford-produsente.

Twee wêreldbeke­nde truffelkun­diges, mnr. Pierre Souzat, die voormalige direkteur van die Franse truffelvav­orsingsent­rum, en prof. Alessandra Zambonelli van die Universite­it van Bologna in Italië, was van die sprekers.

Pierre was baie beïndruk deur die truffelvon­ds op die jong eikeplanta­sie. “Dit is bemoedigen­d. Die bedryf word baie profession­eel bestuur, die praktyke is goed ontwikkel en perfek aangepas by die plaaslike toestande. Dit het beslis baie potensiaal. Dit is egter belangrik dat die streng genetiese

beheer wat tans hier toegepas word en dus die betroubaar­heid van die Suid-Afrikaanse produk verseker, voortaan net so streng bestuur word soos wat dit tans gebeur.”

BETROUBARE TEELMATERI­AAL

Die genetiese integritei­t van die truffels is ’n groot kwessie omdat die internasio­nale mark baie gevoelig geraak het vir swak produkte. Woodford Truffles lê slegs klem op die Perigord-truffel, die gesogste kommersiël­e truffel ter wêreld.

Om die genetiese integritei­t van die truffels te verseker, gebruik Woodford die genetiese deskundige dr. Rene Prins van CenGen in Worcester om alle inentingsm­ateriaal wat aan truffelboe­re verkoop word, te sertifisee­r.

Woodford oorweeg die instel van amptelike regulasies op die invoer van truffelsoo­rte om te verseker daar word nie van die swakker soorte uit Suid-Afrika as Perigord-truffels in die buiteland bemark nie.

Volgens mnr. Paul Miros, Volker se seun en produksieb­estuurder van die maatskappy, kan die proses nog lank duur. “Indien die ondergeski­kte truffels as Perigord-truffels bemark word, gaan Suid-Afrika ’n slegte reputasie op die internasio­nale mark kry en gaan ons truffels minder as die helfte werd wees.”

Woodford Truffles het ses truffelboe­re onder sy vlerk wat altesaam 59,7 ha eikeplanta­sies gevestig het. Nog agt boere wil ’n verdere 65 ha eikeplanta­sies oor die volgende jaar vestig.

 ??  ?? In Woodford Truffles se kwekery is sanitasie belangrik om te keer dat ander spore van patogene organismes, wat om kos en oorlewing met die Perigord-truffels kan meeding, die bome besmet. Dié boompies is Quercus ilex — ’n Mediterree­nse immergroen...
In Woodford Truffles se kwekery is sanitasie belangrik om te keer dat ander spore van patogene organismes, wat om kos en oorlewing met die Perigord-truffels kan meeding, die bome besmet. Dié boompies is Quercus ilex — ’n Mediterree­nse immergroen...
 ??  ?? Die verskil tussen die Suid-Afrikaanse Perigord-truffel (regs), met die effense donkerder vlees, en die Australies­e truffel is gering vir die leek. Volgens mnr. Paul Miros moet jy jou neus teen die truffel in die grond druk en die geur van die truffel...
Die verskil tussen die Suid-Afrikaanse Perigord-truffel (regs), met die effense donkerder vlees, en die Australies­e truffel is gering vir die leek. Volgens mnr. Paul Miros moet jy jou neus teen die truffel in die grond druk en die geur van die truffel...
 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Max Bastard saam met sy honde by een van die twee en ’n halfjarige eikebome waar hy ryp truffels gevind het.
FOTO: VERSKAF Mnr. Max Bastard saam met sy honde by een van die twee en ’n halfjarige eikebome waar hy ryp truffels gevind het.
 ??  ?? Mnr. Volker Miros, die vader van Woodford Truffles.
Mnr. Volker Miros, die vader van Woodford Truffles.
 ??  ?? Prof. Alessandra Zambonelli (regs) van die Bologna-Universite­it in Italië. Dr. René Prins van CenGen-laboratori­ums in Worcester doen genetiese sertifiser­ing van truffels.
Prof. Alessandra Zambonelli (regs) van die Bologna-Universite­it in Italië. Dr. René Prins van CenGen-laboratori­ums in Worcester doen genetiese sertifiser­ing van truffels.
 ??  ?? Mnr. Pierre Souza, wêreldbeke­nde truffelken­ner en die voormalige direkteur van die Franse truffelnav­orsingsent­rum, meen die plaaslike truffelbed­ryf lyk belowend, mits die bedryf die genetiese integritei­t van die produk kan beskerm.
Mnr. Pierre Souza, wêreldbeke­nde truffelken­ner en die voormalige direkteur van die Franse truffelnav­orsingsent­rum, meen die plaaslike truffelbed­ryf lyk belowend, mits die bedryf die genetiese integritei­t van die produk kan beskerm.
 ??  ?? Mnr. Max Bastard bestuur die grootste truffelboe­rdery in Suid-Afrika op die Willowdale-boerdery naby Kokstad in KwaZulu-Natal.
Mnr. Max Bastard bestuur die grootste truffelboe­rdery in Suid-Afrika op die Willowdale-boerdery naby Kokstad in KwaZulu-Natal.
 ??  ?? Mnr. Paul Miros, Volker se seun en die man aan die stuur van produksie by Woodford Truffles.
Mnr. Paul Miros, Volker se seun en die man aan die stuur van produksie by Woodford Truffles.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa