Landbouweekblad

Voëlgriep: Inenting-dilemma

- — JOYLENE VAN WYK

INENTING teen die hoogs aansteekli­ke voëlgriepv­irus H5N8 hou ’n tweeledige bedreiging vir Suid-Afrika in – dit skep die moontlikhe­id dat die virus kan muteer en mense aansteek en kan ook die land se dieresiekt­estatus verander, wat implikasie­s vir internasio­nale handel het.

Dr. Lesley van Helden, staatsveea­rts in die Wes-Kaap, verduideli­k dat heelwat handelskwe­ssies só kan opduik.

“Wanneer jy inent, verander

die siektestat­us van jou land, en dit kan meebring dat ander lande wat nie voorheen na Suid-Afrika toe uitgevoer het nie, dit dan sal kan doen. Handelsver­sperrings kan ook geskep word vir die lande waarheen Suid-Afrika se produsente uitvoer.”

Die pluimveebe­dryf het die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye gevra om inenting teen die siekte te oorweeg, maar ’n finale besluit daaroor was teen druktyd nog nie geneem nie.

KOMPLEKS

Van Helden sê net soos waar mense hulle teen griep laat inent, keer dit nie noodwendig dat jy die siekte opdoen nie, maar dit maak wel die griepsimpt­ome minder ernstig. Inenting sal dus nie keer dat pluimvee die voëlgriepv­irus opdoen nie; die tekens sal net minder ernstig wees en minder voëls sal vrek.

“Inenting is iets wat ’n mens sal oorweeg as die siekte reeds endemies tot die land is – wanneer dit reeds oral versprei het en daar geen kans is om dit te beheer of daarvan ontslae te raak nie.”

Tans is die siekte egter nog nie endemies nie, en sy meen dit is tans nog moontlik om te keer dat dit endemies raak.

“Wat ons nou moet doen, is om te probeer om die siekte heeltemal uit te wis en dan hoef ons nie na

inenting te kyk nie.”

Aangesien dit die eerste keer in die land se geskiedeni­s is dat die H5N8-virus die pluimveebe­dryf tref, is daar geen vorige ondervindi­ng wat ingespan kan word nie.

Altesaam vyf provinsies, Mpumalanga, Gauteng, die Wes-Kaap, Noordwes en KwaZulu-Natal, is deur die virus getref en streng kwarantyn maatreëls is ingestel by die 25 uitbreking­s wat strek van kommersiël­e hoenderpla­se, volstruis-

plase, werfhoende­rs, tot uitbreking­s by wilde voëls en voëls wat as troeteldie­re aangehou word.

VOLSTRUISE

Daar was vir die eerste keer ook vrektes onder volstruise waar die virus naby Oudsthoorn in die Wes-Kaap opgespoor is. Altesaam 27 plase is daar onder kwarantyn geplaas en ook 19 plase in die omgewing van Heidelberg.

Van Helden meen dié voëls het waarskynli­k ander siektes ook onder lede gehad.

Intussen wag geaffektee­rde pluimveebo­ere vir die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye om inligting rakende vergoeding bekend te maak.

Daar is R65 miljoen beskikbaar vir rampe, en amptenare by die departemen­t het reeds met die Tesourie onderhande­l om dié begroting te verhoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa