Landbouweekblad

50 jaar se Brahman-lesse

Ná bykans ’n halwe eeu se boerdery met die Brahman kan mnr. Theo Dicke met gesag verklaar: Ons boer met ’n ongeloofli­ke, goeie bees wat ideaal by Suider-Afrika se klipharde toestande aangepas is. Die eienaar van een van die oudste Brahmankud­des in Suid-Af

-

Van ’n klein begin met drie koeie en kalwers in 1969 wat R700 elk gekos het, het dié stoetery oor 50 jaar ’n pad van vooruitgan­g en rasverbete­ring geloop waarop sy telersgeno­otskap trots kan wees. En steeds wil mnr. Theo Dicke nie die boerebakki­e verruil vir heeldag koffie drink op die voorstoep nie. Dit is omdat hy ’n passie het om sy kennis aan veral opkomende boere oor te dra, en veral oor kuddeverbe­tering.

Theo en sy vrou, Maré, boer op die plaas Spitsrand by Modjadjisk­loof in die Mooketsiva­llei met rooi en wit stoet-Brahmane onder die stoetnaam Dicke Brahmane. Hulle het ook ’n boerdery met Brahman-stoetbeest­e en Simbratipe vleisbeest­e by Komga in die Oos-Kaap, waar hul seun Miles in beheer is.

Die eerste Brahmane wat ingevoer is, was nie Afrika-beeste nie. Suid-Afrikaanse boere het die Brahmane gekoop wat beskikbaar was, dus het hulle nie altyd van die beste teelmateri­aal gehad nie.

Dit het lank geduur om deur strenger seleksie vir beter vleis- en melkproduk­sie, vrugbaarhe­id, temperamen­t en prestasiet­oetsing ’n eie Afrika-tipe Brahman te teel. “Die Suid-Afrikaanse Brahmantel­ers het dus ’n meer markgerigt­e produk met beter vleiseiens­kappe, melk, temperamen­t en gehardheid vir Suid-Afrikaanse toestande geteel.”

TRAP WÊRELDSPOR­E

Sommer vroeg in sy loopbaan as Brahman-stoetteler het Theo na goeie raad geluister. Die legendarie­se bul Manso, wat as die vader van die Brahman in Amerika beskou word, is uit die Guzerat-bul Albecrata en die Nelore-ma Penelope geteel. “Ons het besluit om hierdie wenresep te volg deur in 1982 Nelore- en Guzerat-semen uit Amerika en Brasilië in te voer om goeie rasvorderi­ng te kan maak. Dit het uitmuntend­e sukses opgelewer,” sê Theo. Vandag is Dicke Brahmane die oudste, bestaande Brahmankud­de in Suid-Afrika.

Theo het destyds in 1986 die Brahman-wêreldkong­res in Cartagena, Colombia, as ondervoors­itter van die Suid-Afrikaanse Brahmangen­ootskap bygewoon. Hy is ook ’n stigtersli­d van die huidige Brahman-wêreldfede­rasie. In 1998 het die eer Theo te beurt geval om wéér ’n wêreldkong­res in Colombia, dié keer in Perreira, by te woon.

Hy is ook ál Suid-Afrikaner wat nog ’n referaat op ’n Brahman-wêreldkong­res gelewer het. Hy het gepraat oor die integrasie van objektiewe metings, funksionel­e doeltreffe­ndheid en visuele waarneming­s om in die eise van ’n mededingen­de mark te voorsien.

BOER IN TWEE STREKE

Vandag bestaan die Dicke-kuddes uit sowat 625 stoetbeest­e in Limpopo en byna

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa