Landbouweekblad

Toeka se skatte

Wanneer die plaas in ’n man se hart bly woon, selfs al is hy afgetree en woon hy op die dorp, bou hy vir hom ’n huismuseum waar toeka se gebruiksar­tikels behoue bly.

-

Op besoek aan die Van Zyls se aftreehuis en huismuseum word jy waarlik herinner aan “die goeie ou plaasdae”.

Frederick en Hermien van Zyl, vroeër van Villiersdo­rp, het met hul plaaslewe saamgetrek Kleinmond toe, waar hulle afgetree het. Hier, op die dorp, het hulle ’n huismuseum opgerig waar interessan­te artikels uit hul verlede bewaar word – en sommige van- dag nog gebruik word.

Deur die jare het hul voorsate hul kosbaarhed­e gekoester en bewaar. Nou is die einste artikels keurig en volgens temas in hul eie museum georganise­er.

Daar is die vuurherd waarin Frederick en Hermien nog gereeld heerlik brode bak, die melkkamerh­oekie, tome en tuie rondom die gesogte tuie-bankie, die tabakhoeki­e met ’n tabakkerwe­r en antieke kwispedoor (spoegbakki­e) en ’n medisyneho­ekie met glasflessi­es en hul kurkproppi­es, waar kasterolie, lewensesse­ns, perdesalf en ’n KWV-botteltjie met eau de cologne die prentjie afrond.

Die replika van ’n outydse kombuis spog met ’n volledige stel speseryhou­ers, botter- en vetkomme, messegoed met Duitse hewwe waarop fyn sketswerk pryk, die soutkaboes en die holy

trinity – die houtkomme vir skottelgoe­dwater, pekelvleis en skoon teegoed.

Ander artikels sluit in ’n ossewa-remskoen van 35 kg uit die dae van die Groot Trek, ’n koetslig, die linkerlig van ou model-T Ford, ’n ankerkatro­l van hout uit die VOC-dae (aangekoop uit ’n voorraadka­mer in Kaapstad) en ’n antieke Chesterman-maatband wat in duime én sentimeter­s meet.

Daar is selfs ’n kripseil – ’n artikel wat in museumterm­e baie skaars is. Dis ’n seil wat trekboere tussen twee waens kon span sodat perde of vee daaruit kon vreet.

Die luiperdvel herinner Frederick al 60 jaar lank aan die dag toe hy as elfjarige gehelp het om die luiperd te stuit wat boere in die Grabouwsbe­rge getreiter het.

“Sas de Kock het een oggend met sy lorrie, twee perde en ’n stuk of 30 jakkalshon­de by ons aangekom,” vertel hy. “Ek was vroegoggen­d op – vasbeslote om dié ding te beleef. Sas en sy honde het die luiperd teen 11:00 in ’n bos vasgekeer. Met elke klap van Sas se sweep, het die honde vorentoe gebeur, waar Ta die honde lê-lê ingewag en weggeklap het.”

Frederick het besef die honde gaan die stryd verloor. Die luiperd sou hulle boonop ontvlug as dit weer donker raak.

Hy het op sy perd gespring en ene Lingenfeld­er van ’n naburige plaashuis af gaan bel om te kom help. Sas het hom daaroor vervies – die beloning vir elke luiperdvel was immers groot en hy het reeds sy sommetjies daarop geskoei.

So desperaat was hy om self die vel te kry, dat hy die luiperd met sy pistool geskiet het voordat die hulp kon opdaag.

KOEËLVORM UIT 1700’S

Een van Frederick se kosbaarste skatte is die koeëlvorm uit die laat 1700’s wat die Voortrekke­rs gebruik het. Dis ’n volledige stel en sluit die vuurvaste houers in waarin lood oor vlamme gesmelt is voor dit versigtig in die gaatjies van verskillen­de groottes gegooi is om te stol.

’n Ander kosbaarhei­d in die meelhoek is die sifbankie van hout uit die Langkloof, met verskeie ronde siwwe, elkeen met ’n houtraam. Elke ronde sif kan heen en weer op die houtbankie geskuif word om die sif-aksie van groot hoeveelhed­e meel te vergemakli­k. ’n Uiters skaars houtskoppi­e en -besempie waarmee die orige meel ná die sifproses opgevee word, rond dié stel af.

’n Ander gunsteling is die houtblok met houtskarni­ere wat ’n stel boorpunte vir ’n antieke handboor berg.

“Elke artikel het sy storie, dus is elkeen vir ons báie kosbaar!” vertel hy.

Sarie Marais-Nell besoek Suid-Afrikaanse plase op soek na skatte van weleer wat soms vergeet word, maar steeds ’n groot rol speel in die plaas se funksioner­ing.

‘Elke artikel het sy storie, dus is elkeen vir ons báie kosbaar!’

 ??  ?? Dié koeëlvorms­telletjie is al geroes en dikwels gebruik. Dit dateer uit die 1700’s en is onder meer deur Voortrekke­rs gebruik om lood te smelt om koeëls mee te maak. Frederick sê as ’n ramp dreig, gryp hy beslis dié kosbaarhei­d.
Dié koeëlvorms­telletjie is al geroes en dikwels gebruik. Dit dateer uit die 1700’s en is onder meer deur Voortrekke­rs gebruik om lood te smelt om koeëls mee te maak. Frederick sê as ’n ramp dreig, gryp hy beslis dié kosbaarhei­d.
 ??  ?? Die sifbankie van hout met ronde siwwe. Elke sif het ’n houtraam uit die Langkloof. Die stel word voltooi deur ’n skaars houtskoppi­e en besempie waarmee die orige meel ná die sifproses opgevee word.
Die sifbankie van hout met ronde siwwe. Elke sif het ’n houtraam uit die Langkloof. Die stel word voltooi deur ’n skaars houtskoppi­e en besempie waarmee die orige meel ná die sifproses opgevee word.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa