Landbouweekblad

Doen jou brugjaar op Mooikrans

Mooikrans Equus is ’n opvoedkund­ige en opleidings­instituut wat jong mense met behulp van perde en ’n interessan­te leerplan aan die landbou – en die lewe – bekend stel.

-

Die prentjiemo­oi plaas Mooikrans is geleë tussen die dorpe Amersfoort en Morgenzon op die oostelike Hoëveld. Mooikrans is wyd bekend vir sy trop van 50 goedgeskoo­lde en afgerigte ryperde wat ’n kernrol speel in alle programme wat aangebied word.

’n Post-MatriekEqu­usJaar word reeds die afgelope vyf jaar aangebied waartydens studente spesialise­er in natural horsemansh­ip en western riding. Deeglike kennis van die perd, afrigting van ruiters, risikobest­uur en die oprigting en bestuur van ’n ryskool word opgedoen. Die studente kry ook die geleenthei­d om praktiese ervaring op te doen deurdat hulle betrokke is by die aanbieding van opvoedkund­ige kampe vir skole.

Vakke wat aangebied word, is onder meer entreprene­urskap, ekonomie en gasvryheid­studies. Afgestudee­rde studente werk reeds met sukses in die perdewêrel­d en elders.

POST-MATRIEKLAN­DBOUJAAR

’n Post-MatriekLan­dbouJaar begin in 2018. Daardeur kry almal wat daarvan droom om op ’n plaas te wees en te werk, vir ’n jaar die geleenthei­d om deel te hê aan al die boerderybe­drywighede wat op die Hoëveld plaasvind.

Hulle kry die geleenthei­d om met beeste, skape, varke en hoenders te werk. Wat gewasverbo­uing betref, word aandag gegee aan onder meer mielies, sojabone, aartappels en hooimaak.

Die studente woon in op Mooikrans, lesings vind op die Mooikransk­ampus plaas en die studente word per bus vervoer na die plase waar prakties gedoen word.

Volgens me. Elna Wahl, eienaar en bestuurder van Mooikrans, is daar by boere ’n groot behoefte om jong mense, mans en vroue, wat ’n boerderyag­tergrond het, in diens te neem.

“Ons weet dat daar talle jong mense is wat alles sal gee om op ’n plaas te wees. Mooikrans en die Amersfoort-boeregemee­nskap bied met groot opgewonden­heid vir hulle hierdie geleenthei­d.

“Die voordeel is wedersyds omdat ons die boer gaan help om byvoorbeel­d sy beeste te doseer. Die boer sien dalk die outjie raak wat by die melkery uitblink en bied hom die volgende jaar ’n pos aan,” sê Elna.

“Ons is gewortel in die Christelik­e geloof en die personeel is deeglik opgelei om aan Mooikrans se standaarde en etiese kodes te voldoen om so die regte waardes uit te leef.”

Vir skoolverla­ters wat nog nie seker is wat hulle ná skool gaan doen nie, is hierdie ’n uitstekend­e geleenthei­d om helderheid te kry terwyl hulle intussen beroepsger­ig opgelei word.

Mnr. Frans Joubert (B.Sc.Agric.Hons.), ’n voormalige landbou-onderwyser en skoolhoof van die Morgenzon-landbouaka­demie, bied saam met Elna en ander landboukun­diges die leersessie­s aan.

Organisasi­es, soos Landbouwee­kblad, die TLU SA, ProAgri en AfriForum Jeug, verleen ook hul ondersteun­ing aan hierdie projek.

 ??  ?? LINKS: Só lyk gelukkige kinders mos! Die geleenthei­d om lekker te speel, te werk en nuwe vriende te maak, is deel van Mooikrans Equus se suksesrese­p. FOTO’S: MOOIKRANS EQUUS
LINKS: Só lyk gelukkige kinders mos! Die geleenthei­d om lekker te speel, te werk en nuwe vriende te maak, is deel van Mooikrans Equus se suksesrese­p. FOTO’S: MOOIKRANS EQUUS
 ??  ?? By Mooikrans leer jong mense meer oor boerdery, werketiek en dissipline, terwyl hulle pret in die buitelug het.
By Mooikrans leer jong mense meer oor boerdery, werketiek en dissipline, terwyl hulle pret in die buitelug het.
 ??  ?? ONDER: Mooikrans se historiese plaashuis, gebou in 1903, en kampeerter­rein word omring deur reuse-bloekombom­e en lowergroen grasperke met genoeg plek vir allerlei lekker aktiwiteit­e.
ONDER: Mooikrans se historiese plaashuis, gebou in 1903, en kampeerter­rein word omring deur reuse-bloekombom­e en lowergroen grasperke met genoeg plek vir allerlei lekker aktiwiteit­e.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa