Landbouweekblad

GROOT OPTIMISME VIR OMKEERSTRA­TEGIE

- — JOHAN COETSEE

VOLGENS mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA, gaan dit goed met die “omkeerstra­tegie” vir die Suid- Afrikaanse koringbedr­yf. Ondanks struikelbl­okke is hy optimistie­s oor die bedryf, sê hy. “Ons soek egter steeds by almal planne en idees om die strategie te verbeter en aan te pas,” het hy op die Swartland Landbousko­u-seminaar op Moorreesbu­rg gesê. Hoewel dit nie goed gaan met navorsing by die Landbou navorsings­raad( L NR) nie ,“het ons nie in sak en as gaan sit nie, maar nuwe planne beraam. Ons het nuwe, internasio­nale vennote gewerf vir navorsings finansieri­ng, en ons sorg dat geld wat vir navorsing kom, na die instansies en mense gaan wat die navorsing kan doen.”

Die bedryf het ook gaan kers opsteek oor telingspro­gramme by lande, soos Indië en Australië. Internasio­nale vennote vir objektiewe hulp en sienings is van groot waarde vir die koringbedr­yf, sê De Villiers.

Hys ê die goeie nuus is dat prysvryste­llings kriteria verslap word, maar dit is belangrik dat gehalte hoegenaamd nie ingeboet moet word weens dié toegewings nie.

Wat nuwe kultivars betref, is onderhande­linge met onder meer meulenaars aan die gang, “want dit is nie haalbaar dat die gedurige ontwikkeli­ng van nuwe koringkult­ivars elke jaar gefinansie­r wordnie”.

OPBRENGS

Die doelwit van een ton ekstra per hektaar koring staan steeds. “Ons kyk veral na wat die Australier­s doen, want hulle doen baie din-

gereg ,” het De Villiers gesê. Die bedryf het finansiële steun van R 70 miljoen van Australië gekry vir ondermeer kultivar ontwikkeli­ng –“di tis nie genoeg nie, maar help baie”.

’n Stelsel vir boere wat goed presteer, is ook gevestig.

Hy meen talle bestaande koringkult­ivars het die vermoë om die teiken vaneen ton per hektaar te haal. Wit koring kultivars toon oor die algemeen beter opbrengs potensiaal as ander.

Wat die koringtari­ef betref, het De Villiers gesê die hofsaak teen die staat is gewen en die bevel is uitgevoer dat die nuwe koringprys gepublisee­r is. Hoewel die model waarvolgen­s die verwysings­prys oor ’n termyn van vyf jaar dieselfde gebly het, is die wisselkoer­s die veranderli­ke faktor wat dit beïnvloed.

Die koring differensi­aal bly ’n probleem vir die bedryf. Dié kwessie kry deurlopend aandag om dit aanvaarbaa­r te kry en hou, het De Villiers gesê.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa