Landbouweekblad

OORLEEF MET MARKGERIGT­E PRODUKSIE

- NAVRAE: kallie@witklip.co.za

Markgerigt­e produksie kan mielieboer­e in staat stel om die moeilike tydperk van oorproduks­ie en lae pryse te oorleef. Daarom sal hulle hul aanplantin­gs moet afskaal om die produksie nader aan die vraag te bring. Die vraag-en-aanbod-situasie sal boere dus dwing om ’n kopskuif te maak, sê mnr. Kallie Schoeman, besturende direkteur van die Schoeman-boerdery by Delmas.

Sy grootste bekommerni­s is egter nie die huidige, fantasties­e jaar met sy hoë opbrengste en surplus nie, maar dat internasio­nale mielieprod­uksie vir die eerste keer 1 miljard ton oorskry het. “Daar is dus genoeg mielies vir minstens twee jaar vir die hele wêreld. As ons dus dink ons gaan ’n verskil aan die vraag-en-aanbod-situasie maak as ons

4 miljoen ton van ons groot oes van 16 miljoen ton uitvoer, is dit so goed ons spoeg in die see. Ek verwag dat die mielieprys nog vir die volgende 24 maande wêreldwyd onder druk gaan wees, want die plaaslike prys word van die internasio­nale prys afgelei.”

Boonop bereken hy Suid-Afrika moet sy prys vir sy uitvoermie­lies met nóg R150/t laat daal om mededingen­d op die uitvoermar­k te wees. Die uitvoer het derhalwe afgeneem en basies opgedroog omdat

die prys te hoog is.

SOEK NUWE MARKTE

Uitvoer bly belangrik. Daarom moet Suid-Afrika na nuwe uitvoermar­kte soek. Die geleenthed­e bestaan wél, maar daar is baie lande wat nie Suid-Afrika se geneties gemodifise­erde mielies (GM mielies) — wat die grootste deel van die oes uitmaak — wil hê nie. “Boonop is die land nie

tradisione­el ’n uitvoerder van mielies nie, maar beweeg gewoonlik tussen ’n invoer- en uitvoersit­uasie. Daarom sal ons nie oornag nuwe markte kan kry nie,” sê Kallie. Lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG), soos Zambië, Malawi en selfs Zimbabwe, wat tradisione­el mielies by hul suidelike buuurman koop, het vanjaar self groot oeste behaal en dáár is dus nie vooruitsig­te op groot uitvoer nie. Dit lyk darem of Kenia, Namibië en Botswana beperkte voorrade sal aanskaf.

Kallie sê gelukkig is daar reeds ’n dramatiese ommeswaai van mielies na sojabone.

SWAAI NA ROOIVLEIS

In die tyd van dr. Kraai van Niekerk, gewese Minister van Landbou, het Suid-Afrikaanse mielieboer­e in ’n soortgelyk­e situasie as nou beland. Toe was die grondomska­kelingskem­a sy departemen­t se oplossing. Hulle het saaiboere gesubsidie­er om van hul marginale mieliegron­d onder aangeplant­e weidings te sit en met vee te boer.

Veeboerder­y is dus nóg ’n opsie om mielieprod­uksie te stabilisee­r. Veeboere sal egter nie nou subsidies kry nie. Boonop is aanteelvee se pryse hoog omdat baie boere weens die droogte van hul teelmateri­aal moes uitslag om te oorleef. Suid-Afrika is nou weer in ’n kuddeboufa­se en boere betaal baie geld vir goeie verse en koeie. “Dit is nietemin steeds ’n verdere opsie vir saaiboere om in die produksie van rooivleis te belê, terwyl Suid-Afrika veld begin wen met die uitvoer van rooivleis na die buiteland.”

VERSKANS PRYSE

Boere moet ook die beskikbare bemarkings­trategieë op Safex gebruik om hulle teen verdere prysdaling­s te beskerm. Talle boere hoop die mielieprys gaan weer styg, maar dit sal nie ’n dramatiese styging wees nie.

’n Groot nadeel vir Suid-Afrikaanse boere is dat hulle hul mielies teen uitvoerpar­iteit moet lewer, maar hulle moet produksiem­iddele, soos trekkers, kunsmis en chemikalie­ë, gebruik wat teen invoerpari­teit die land binnekom. Die oplossing is egter nie laer insetkoste nie, aangesien boere maklik in die sogenoemde situasie van dalende meer-opbrengs kan beland. Dit kom voor wanneer die boer minder geld op insetkoste wen as wat hy op die gevolglik kleiner oes verloor. “Boere is reeds doeltreffe­nd en mors nie geld op onnodige produksiem­iddele nie. Dus is besparing nie juis ’n opsie nie,” sê Kallie.

Iets wat boere internasio­naal kan help, is as die prys van Brent-olie styg. ’n Paar jaar gelede, toe die olieprys so hoog was, was die vervaardig­ing van etanol uit mielies ’n aantreklik­e opsie vir menige land (maar nie in Suid-Afrika nie omdat die Regering nou nog nie ’n finale besluit oor die vervaardig­ing van etanol met ’n stapelvoed­sel, soos mielies, besluit het nie). Toe die olieprys weer daal, het menige etanolaanl­eg egter gesluit.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Kallie Schoeman
FOTO: VERSKAF Mnr. Kallie Schoeman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa