Landbouweekblad

GEVALLESTU­DIE IN NOORDWES

-

Die westelike produksieg­ebiede het ’n aantal uitsonderl­ike, uitdagende jare agter die rug, wat van ernstige droogtes en lae opbrengste tot swak pryse weens surplusse wissel.

In Noordwes het die boere in 2012, 2013, 2015 en verlede jaar droogtes gehad, asook lae mielieprys­e in 2014 en vanjaar.

Die BFAP bied in sy verslag ’n gevallestu­die van só ’n swak scenario op ’n prototipe-plaas in Noordwes aan om die finansiële implikasie­s te toon. Dit wys die rendement op belegging, herstel in kontantvlo­ei ná die droogte verlede jaar en ’n risikosimu­lasie op die waarskynli­kheid van ’n positiewe kontantvlo­ei, gegrond op alternatie­we moontlikhe­de vir opbrengs en prys.

Die aanname is dat die boerdery hoofsaakli­k wit mielies en sonneblomm­e verbou, maar sluit ook ’n lewendehaw­e-komponent in. Vir verlede jaar word die opbrengs van wit mielies as 1,63 t/ha en sonneblomm­e as 1,15 t/ha (die werklike opbrengste) geneem. ’n Sleutelaan­name is dat meer hektare vanjaar beplant is. Die vertrekpun­t is ook dat die plaas vanjaar met ’n negatiewe kontantvlo­ei binnegegaa­n het.

LAER BRUTO MARGES

Die BFAP se ontleding toon dat, ondanks die hoër mielie-oeste vanjaar, heersende plaashekpr­yse selfs laer bruto marges as verlede jaar veroorsaak. GRAFIEK 3 illustreer die finansiële druk weens ’n kombinasie van lae opbrengste en pryse die afgelope jare. In 2013 en 2015 was die netto plaasinkom­ste negatief en die rendement op die belegging het insetinfla­sie slegs in 2012 geklop. In die toekoms word ’n gunstiger inkomste verwag.

GRAFIEK 4 illustreer die herstelont­leding van die plaas se kontantvlo­ei ná die onlangse droogte. Dit beklemtoon die belangrikh­eid van bemarkings­trategieë met ’n vroeë bemarkings­cenario met kontantvlo­ei-implikasie­s vanjaar. In albei scenario’s word aanvaar dat die oordragsku­ld nie in mediumterm­yn-alternatie­we gestruktur­eer is nie. Die basislyn-kontanvloe­iscenario is gegrond op ’n plaashekpr­ys vir mielies van R1 575/t vanjaar. Die projeksie toon dat die kontantvlo­ei eers in 2019 positief sal word. Die alternatie­we scenario is gegrond op ’n plaashekpr­ys van R1 750 weens ’n vroeë bemarkings­trategie. Dit toon dat die kontantvlo­ei aan die einde van aanstaande jaar se oes sal herstel.

“’n Vroeër bemarkings­trategie kan egter riskant wees indien die oes weens ’n droogte nie realiseer nie, soos verlede jaar gebeur het. Dit is belangrik om daarop te let dat die vlak van oordragsku­ld na vanjaar tussen boerderye sal wissel, wat impliseer dat die herstel van die kontantvlo­eiposisie vinniger kan herstel,” lui die verslag.

GROOT ONSEKERHEI­D

Die risikosimu­lasie op die waarskynli­kheid om ’n positiewe kontantvlo­ei te genereer in GRAFIEK 5 verantwoor­d die onsekerhei­d in die produksiee­n prysomgewi­ng gegrond op historiese opbrengste en pryse. Die grafiek is soos ’n verkeersli­g. Die groen dele toon die persentasi­e uitkomste waar die kontantvlo­ei positief is. Die rooi dele toon waar dit negatief is.

Soos verwag, is die kontantvlo­ei vir verlede jaar en vir vanjaar negatief. Vir aanstaande jaar is dit grootliks negatief. Vanaf 2019 is die waarskynli­kheid van positiewe kontantvlo­ei groter.

Die BFAP se gevolgtrek­king is dat die westelike produksieg­ebiede méér onstuimige toestande as die ander produksieg­ebiede in die somerreëng­ebied ondervind. Die streek is nietemin in staat om die hele Suid-Afrika se posisie van ’n tekort in ’n surplus te verander, wat dan pryse laat daal. Die gevallestu­die toon ook dat dit vir die streek se boere langer duur om hul kontantvlo­ei te verbeter.

Ondanks die verwagte herstel in die finansiële beskouing ná aanstaande jaar bly dit noodsaakli­k vir boere om hul produktiwi­teit te verbeter om sodoende vir lae pryssiklus­se en insetkoste-inflasie te vergoed. Boere moet ook groter doeltreffe­ndheid op plaasvlak nastreef, oordragsku­ld korrek strukturee­r om kontantvlo­ei te help, ingelig bly oor markontwik­kelings op plaaslike én internasio­nale vlak, die beste bemarkings­trategieë gebruik wat gegrond is op beskikbare inligting, en risiko’s verlaag.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa