Landbouweekblad

VIER FAKTORE VERSEKER TOPPRODUKS­IE

-

Suksesvoll­e truffelpro­duksie hang van vier kernaspekt­e af, sê mnr. Paul Miros, produksieb­estuurder van die Woodford-truffelmaa­tskappy.

Die regte klimaat en grondtoest­ande is deurslagge­wend. “Die truffel floreer in ’n kouer, Mediterree­nse klimaat waar daar minstens 800 koue-eenhede per jaar akkumuleer. Die pH van die grond waarin die truffels gevestig word, moet tot by 7,8 tot 8 aangepas word en deurentyd onderhou word.” Woodford lê ook klem op die gehalte van

die Perigord-spoorinent­ing op die wortels van die jong eikebome. “Die feit dat Max Bastard van Kokstad ’n ryp truffel by ’n boom in ’n twee en half jaar oue plantasie gekry het, is vir ons ’n bewys dat ons die regte praktyke volg om doeltreffe­nde inenting te verseker,” sê Paul. Hy sê jy moet ook besef jy boer met

wortels en nie met bome nie. Volgens mnr. Rory Milbank, grondkundi­ge van Eco Agri Solutions, is ’n gesonde blaredak noodsaakli­k om genoeg koolhidrat­e te vervaardig sodat die mikorisa in die wortelsone goed kan funksionee­r.

“Die perfekte klimaat in die wortelsone is egter die versekerin­g dat die truffels optimaal ontwikkel.”

Volgens prof. Alessandra Zambonelli van die Universite­it van Bologna in Italië is dit voordelig as die voedingsta­tus van die grond suboptimaa­l vir ’n florerende boom is. “In so ’n klimaat, waar die boom nie op sy eie die nodige voedingsto­wwe uit die grond kan bekom nie, raak die simbioties­e verhouding tussen die boom en die truffel ál belangrike­r en die groei van die truffel is die belangriks­te aspek van hierdie simbioties­e bestaan.” Volgens Max, wat die grootste truffelaan­planting in Suid-Afrika in vennootska­p bestuur, moet daar nog met die bestuur van grondvog geëksperim­enteer word. “Tans het ons die grond tot op 30% van die grondwater­houvermoë laat afdroog. Ek dink ons kan dit effe verder laat afdroog,” sê Max.

 ??  ?? Hierdie vyf gesonde, ryp truffels is op 14 Julie in die Koue-Bokkeveld op die plaas Groenfonte­in van Woodford Truffles gevind.
Hierdie vyf gesonde, ryp truffels is op 14 Julie in die Koue-Bokkeveld op die plaas Groenfonte­in van Woodford Truffles gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa