Landbouweekblad

DIE TALLE VOORDELE VAN DEURDRUKKE

-

Kanonkop is een van Suid-Afrika se bekendste wynkelders, met duisende mense wat die proelokaal jaarliks besoek.

Die kelder is veral bekend om Pinotage en het onlangs geskiedeni­s gemaak toe hy die twaalfde keer een van die Absa Pinotage Toptien-wyne ingeskryf het. Dié eer het die Kanonkop Pinotage 2012 te beurt geval.

Benewens die Kanonkop-landgoedwy­n maak mnr. Abrie Beeslaar, wat al sedert 2002 die leisels by die kelder hou, ook ’n tweede reeks, genaamd Kadette. Daarvoor koop hulle druiwe van sowat 30 plase af aan.

Oop kuipe het ’n groot aandeel daarin om die veelgeroem­de wyne in die klassieke styl te maak. Volgens Abrie is daar ’n hele paar redes waarom hy oop kuipe en die deurdrukme­tode verkies. “Baie suurstof word op ’n vroeë stadium tot die produk toegelaat en dit veroorsaak ’n chemiese verbinding wat vir goeie kleur (antosianie­n) en struktuur (tannien) verantwoor­delik is. Die suurstofre­aksie gee vir ons ’n ronder wyn, met ’n goeie balans tussen primêre ryp vrug en ’n meer ontwikkeld­e karakter.”

Die vermenging en ekstraksie is soveel beter omdat die sap en doppe elke twee uur gemeng en gekneus word.

“In ’n oorpompste­lsel beweeg die sap dikwels deur dieselfde doppe. Dit kom dus nie in kontak met al die doppe nie.”

Boonop bly die sap se temperatuu­r ook meer konstant (7-8 °C koeler) omdat dit gereeld gemeng word.

“Teen ’n laer temperatuu­r is die ekstraksie anders. Ons kan boonop die ekstraksie fyn bestuur omdat ons die sap elke vier uur proe en enige tyd besluit wanneer ons die proses gaan stopsit.”

Alkohol verdamp ook in die oop kuipe, wat beteken hulle kan wyne met ’n laer alkoholinh­oud maak, wat tans baie gewild is. “Ons alkoholvla­k kan tot 0,5% laer wees op dié manier.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa