Landbouweekblad

Franseneem­voortou metmeganis­asie

Die hoë koste van plaasarbei­d het hierdie twee Franse melkboerde­rye genoop om te meganiseer ten einde hoë arbeidskos­te te systap, nes menige Franse senter sy teenstande­rs op die rugbyveld ore aansit.

-

Op die familiepla­as van die Weber-familie van Straatsbur­g in die ooste van Frankryk werk almal baie hard om op die hoë koste van arbeid te bespaar, maar selfs dít was nie genoeg nie. Hulle het uiteindeli­k besluit om die boerdery te meganiseer ten einde so min geld moontlik op arbeid van buite te bestee.

Die Weber-familie bestaan uit Dominique, Raymonde, Pierre, Philippe, Sylvain en Robin. Al mens van buite wat ten tye van

Landbouwee­kblad se besoek daar gewerk het, is mnr. Martin Bodeving wat praktiese ervaring vir ’n latere heeltydse landbouloo­pbaan opgedoen het. Gewoonlik doen hulle ál die werk op die plaas self.

Die plaas, G.A.E.C. (Groupement Agricole d’Exploitati­on en Communa, oftewel ’n tipe kollektiew­e produsente­liggaam) des Bas-Prés, beslaan 300 ha. Hulle boer met 700 Holstein-melkbeeste, waarvan 150 gewoonlik op ’n slag lakterend is. Die boerdery kan nie verder uitbrei nie omdat hulle ook ’n osboerdery het en nie méér diere kan aanhou nie. Die plaas is reg langs ’n dorpie, wat dit feitlik onmoontlik maak om ekstra grond te bekom om die boerdery uit te brei. Hulle lewer sowat 1,3 miljoen liter melk per jaar teen ’n stalgemidd­elde van 35 liter per koei per dag.

Dominique sê die hoë produksiek­oste is ’n groot probleem vir Europese boere. “Die melkprys is laag en voerkonsen­traat is baie duur. Al hoe ons kan oorleef, is om meer melk teen ’n laer koste te lewer,” verduideli­k hy.

Hulle verkoop die melk teen sowat R4,50 per liter aan ’n nabygeleë koöperasie.

GROOTSTE DILEMMAS

Hul grootste dilemmas is om grond te kry om uit te brei, op produksiek­oste te bespaar, verder te meganiseer deur groter werktuie aan te skaf en terselfder­tyd die goeie lewe op die platteland te handhaaf én genoeg tyd vir hul gesinne in te ruim. Die familieled­e kry beurte om naweke te ontspan en met vakansie te gaan.

Arbeid is een van die grootste uitgawes as ’n boer nie ’n ander plan maak nie. Plaaswerke­rs word sowat R150 per uur betaal, wat ’n melkboer se hele wins kan uitwis.

Dominique sê een van die maatreëls om arbeid te bespaar, was om twee Lely-melkrobots te koop waarmee ál die beeste gemelk word. Die koeie gaan self na ’n melkrobot wanneer hulle die ongemak van ’n vol uier ervaar, waar die robot dan met ’n kamera die posisie van elke speen bepaal en die melkklosse een vir een aanheg.

Terwyl sy gemelk word, kry die koei die regte hoeveelhei­d kragvoer wat sy volgens haar produksie toegelaat word. Hierdie inligting word vooraf verskaf aan die rekenaar wat die proses beheer. Met ’n sensor om elke bees se nek bepaal die rekenaar watter koei gemelk word en verskaf dan die regte hoeveelhei­d voer. Dit meet ook haar melkproduk­sie en teken dit aan.

Die beeste kan soms in die somer vir ’n beperkte tyd bedags buite op natuurlike grasweidin­g loop, maar is gedurende die lang Europese winter pal op stal, wat beteken hulle is 80% van die tyd binnenshui­s.

Mis word uit die stalle verwyder deur ’n elektries aangedrewe skraper van een kant van ’n stal na die ander kant te sleep. Die mis word dan na ’n dam gepomp.

VERBOU KUILVOER

Die boerdery verbou mielies waarmee hulle kuilvoer maak. Die kuilvoer word ad lib aan die melkkoeie en osse verskaf. Dit word in twee kuilvoerho­pe gehou waar dit onder seile bedek word om die suurstof uit te hou en só verrotting te vermy. Hulle maak elke somer ’n jaar se voorraad kuilvoer. Hulle verbou ook koring.

Dié boere maak ook kuilvoer van veldgrasse, maar weens die kort groeityd in hierdie deel van Frankryk kry hulle net een snysel per groeityd. Dit lewer sowat 16 ton kuilvoer (op ’n droëmateri­aalbasis) per hektaar.

Mielies sorg dus vir die grootste deel van die kuilvoer. Hulle plant die saad vir ’n stand van 102 000 plante per hektaar, wat moontlik is danksy die streek se hoë reënval van 900 mm per jaar.

Hulle koop die voerkonsen­traat, wat weens die hoë koste daarvan slegs in die melkrobots aan die koeie voorsien word. Dit word in groot maat aangekoop om só ’n laer prys by die verskaffer­s te beding.

Die boerdery lewer self sy vervanging­sverse. Die bulletjies word gehou en as osse

20 maande lank op stal gevoer, waarna hulle aan slagters verkoop word.

Hulle koop ook Charolais- en Limousin-bulkalwers aan.

Die osboerdery verskaf 40% van die boerdery se inkomste en die melkery die res. Hulle kry tans ongeveer R45 per kilogram (geslag) vir die Holsteinos­se en R60 per kilogram vir die vleisras-osse.

VERMY BESOEDELIN­G

Die Groen Party hou die boere op hul tone, want hy waak jaloers teen besoedelin­g van die omgewing. Menige Franse boer moet kontrakteu­rs betaal om die mis en ander afvalstoww­e uit die stalle weg te ry.

Dominique se boerdery het ’n uitpersmas­jien gekoop om die vloeistof van die vaste stowwe te skei. Die droë mis word dan in sakke verpak en vir ’n klein ekstra inkomste aan winkels verskaf, wat dit weer aan naweekboer­e en tuiniers verkoop.

Die oortollige mis word op hul en sommige bure se landerye uitgestroo­i om as natuurlike bemesting te dien.

Verdere arbeid word bespaar deur hul volledige reeks werktuie. Dit sluit etlike Kuhn-werktuie in, waarvan die grootste arbeidbesp­aarder hul Kuhn PV14 Confort-voermenger­wa is. Dit laai kuilvoer en ander voerbestan­ddele in, vermeng dit en laai dit in die stalle vir die diere uit. Al dié take word in ’n japtrap deur slegs die bestuurder afhandel. Die voerkop skraap die kuilvoer laag vir laag van die kuilvoerho­op af om ’n skoon snit agter te laat.

Wanneer hulle melkrantso­ene moet verskaf, neem die werktuig die verskillen­de bestanddel­e in die skuur met dieselfde voerkop in en vermeng dan alles. Die bestuurder ry na die koeihuise en geboue waar die osse grootgemaa­k word, waar hy die voer in die beeste se vreetspasi­e uitlaai.

Só bespaar die boerdery arbeid en tyd, wat waardevol op enige plaas is en ’n belangrike rol in hul oorlewing speel.

 ??  ?? BO: Die Weber-familie van Straatsbur­g. Van links is Raymonde, Dominique, Pierre, Philippe (Dominique se broer), Martin Bodeving (wat praktiese ondervindi­ng van plaaswerk opdoen) en Sylvain en sy seun, Robin.
BO: Die Weber-familie van Straatsbur­g. Van links is Raymonde, Dominique, Pierre, Philippe (Dominique se broer), Martin Bodeving (wat praktiese ondervindi­ng van plaaswerk opdoen) en Sylvain en sy seun, Robin.
 ??  ?? REGS: ’n Elektries aangedrewe skraper word van een kant van ’n stal na die ander kant gesleep om die mis te verwyder.
REGS: ’n Elektries aangedrewe skraper word van een kant van ’n stal na die ander kant gesleep om die mis te verwyder.
 ??  ?? REGS: Osse vreet kuilvoer. Die Werner-boerdery maak die osse groot tot hulle ongeveer 20 maande oud is.
REGS: Osse vreet kuilvoer. Die Werner-boerdery maak die osse groot tot hulle ongeveer 20 maande oud is.
 ??  ?? LINKS: Die uitpersmas­jien wat die vog van die mis skei. Die mis word dan aan winkels verskaf wat dit aan tuiniers en naweekboer­e verkoop.
LINKS: Die uitpersmas­jien wat die vog van die mis skei. Die mis word dan aan winkels verskaf wat dit aan tuiniers en naweekboer­e verkoop.
 ??  ?? Die Kuhn PV14-voermenger­wa skraap kuilvoer van ’n kuilvoerho­op se voorkant af. ’n Skoon snit is belangrik om suurstof uit die kuilvoer te hou ten einde verrotting te voorkom.
Die Kuhn PV14-voermenger­wa skraap kuilvoer van ’n kuilvoerho­op se voorkant af. ’n Skoon snit is belangrik om suurstof uit die kuilvoer te hou ten einde verrotting te voorkom.
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Koei word in die een melkrobot gemelk. Dit skakel baie hande-arbeid uit.
ONDER: Die Kuhn-voermenger­wa besig om vir die melkkoeie kuilvoer te gee.
BO: ’n Koei word in die een melkrobot gemelk. Dit skakel baie hande-arbeid uit. ONDER: Die Kuhn-voermenger­wa besig om vir die melkkoeie kuilvoer te gee.
 ??  ?? BO: Mnr. Frederic Chopin in die voermengwa. Hy ry met die werktuig na die kuilvoerho­pe, neem verskillen­de soorte, soos mielie- en graskuilvo­er, in en voer dit dan aan die beeste.
BO: Mnr. Frederic Chopin in die voermengwa. Hy ry met die werktuig na die kuilvoerho­pe, neem verskillen­de soorte, soos mielie- en graskuilvo­er, in en voer dit dan aan die beeste.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Me. Marlie van Ronge van Zastron studeer landbou aan die Universite­it van die Vrystaat in Bloemfonte­in. Hier is sy by melkkoeie op die plaas De La Sapiniere, wat aan ses families behoort, tydens die groep Suid-Afrikaners se besoek.
LINKS: Me. Marlie van Ronge van Zastron studeer landbou aan die Universite­it van die Vrystaat in Bloemfonte­in. Hier is sy by melkkoeie op die plaas De La Sapiniere, wat aan ses families behoort, tydens die groep Suid-Afrikaners se besoek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa