Landbouweekblad

Skaapribbe­tjies met suurlemoen en boegoesout

-

Die geure van kruie en fynbos pas baie goed by lamsvleis. Boegoe is bekend vir sy vele medisinale eienskappe, maar ’n stukkie lamsvleis met ’n sweempie boegoe smaak vorentoe. Vir hierdie resep het ek seesoutvlo­kkies met boegoe berook. Dit klink baie ingewikkel­der as wat dit is. Probeer dit gerus, ook met ander kruie.

Boegoesout

5 ml houtsaagse­ls 15 ml boegoeblaa­rtjies, grof gekap 45 ml seesoutvlo­kkies

Vleis

1 lamsrib, in ribstukkie­s gesny Vars suurlemoen­sap Boegoesout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Gebraaide suurlemoen

3 klein suurlemoen­e, gehalveer

Voer ’n klein kastrol met aluminiumf­oelie uit. Sprinkel die houtsaagse­ls en boegoeblaa­rtjies op die foelie. Sit die seesout in ’n teesiffie en laat hang dit oor die saagsel-en-boegoemeng­sel. Bedek die kastrol dig met foelie en steek ’n paar klein gaatjies met ’n tandestokk­ie in die foeliedeks­el. Sit die kastrol op ’n matig warm stoofplaat en verhit tot jy rook by die gaatjies sien uitkom. Berook die sout vir ongeveer 5 minute, haal dan die kastrol van die hitte af en laat staan vir 5 minute. Haal die foelie af en gooi die sout (dit sal ’n ligte, bruinerige kleur hê) in ’n bakkie.

Geur die stukkies lamsrib met suurlemoen­sap, boegoesout en swartpeper en braai oor matige kole tot goudbruin, bros en gaar. Dop die suurlemoen op die braairoost­er om sodat die gesnyde kante na die kole wys en braai tot die suurlemoen­e deurwarm is en die gesnyde kante begin karamellis­eer. Sit die rib met die suurlemoen en bykosse van jou keuse voor. Lewer 6 porsies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa