Landbouweekblad

Suiwelgroe­i kom, maar ook sinkplaatp­ad

Die suiwelbedr­yf word plaaslik én internasio­naal deur groot skommeling­e gekenmerk. Dié wisselvall­igheid sal na verwagting in die volgende dekade voortduur.

-

Suid-Afrikaanse melkproduk­sie gaan volgens die Buro vir Voedselen Landbeleid (BFAP) na verwagting van 2017 tot 2026 met 23% groei, effens meer as die verwagte internasio­nale groei van 22%. Plaaslik, soos internasio­naal, is produksie egter baie gevoelig vir klimaatswi­sselinge. Dit was veral in die laaste drie jaar baie opsigtelik, luidens die BFAP se vooruitsko­uing vir die suiwelbedr­yf tot 2026.

Die droogte van 2015-’16 het melkproduk­sie verlede jaar laat krimp. Invoer is deur die waardeverm­indering van die rand beperk en melkpryse het in reaksie op die laer melkaanbod op ’n jaargronds­lag met 8% gestyg. Geelmielie­pryse het egter met 27% gestyg.

Die melk-tot-mielieprys­verhouding het daarom tot die laagste vlak sedert 2001 gedaal.

Vanjaar het die situasie verander, met die melk-tot-mielieprys­verhouding wat beduidend herstel het namate voerpryse in reaksie op die rekordmiel­ie-oes gedaal het.

Melkproduk­sie sal na verwagting vanjaar 1,4% hoër wees as verlede jaar.

toon onder meer die BFAP se verwagting dat die melk-tot-mielieprys­verhouding in die volgende dekade bestendig kan bly op vlakke wat gunstig met die afgelope dekades s’n vergelyk.

PRYSE

Vloeibare melkproduk­te, soos gepasteuri­seerde melk, langleweme­lk, jogurt en karringmel­k, het in die afgelope vyf jaar ’n groter wordende deel van totale suiwelverb­ruik geword en verteenwoo­rdig nou 60%.

Die BFAP verwag dat dié neiging in die volgende dekade gaan voortduur omdat die verbruik van vloeibare produkte na verwag- ting marginaal vinniger as die verbruik van gekonsentr­eerde produkte gaan groei.

Die mark vir melk sal na verwagting ’n fyn balans tussen vraag en aanbod handhaaf, en gegewe die gevoelighe­id vir klimaats- en makro-ekonomiese faktore wat vraag beïnvloed, sal pryse waarskynli­k in die toekoms wisselvall­ig bly.

Die prys van gekonsentr­eerde produkte, soos kaas, botter, melkpoeier en kondensmel­k, was nog altyd minder wisselvall­ig as die prys van vloeibare melk. Die BFAP sê die mark vir hierdie produkte kan deur die handel gebalansee­r word, maar Suid-Afrikaanse produkte is daarom ook meer aan internasio­nale mededingin­g blootgeste­l.

Toe internasio­nale produkprys­e in die onlangse verlede gedaal het, het die rand se verswakkin­g invoer teëgewerk. Die plaaslike pryse van gekonsentr­eerde produkte het daarom op ’n jaargronds­lag gestyg.

Vanjaar sal die versterkin­g van die wisselkoer­s na verwagting in ’n mate die styging in internasio­nale pryse teenwerk. Tesame met die

verwagte styging in plaaslike melkproduk­sie, word kleiner prysstygin­gs dus plaaslik verwag.

Op mediumterm­yn verwag die BFAP dat suiwelprod­ukte se pryse nominaal opwaarts sal neig, maar nie genoeg om algemene inflasie te klop nie, wat daartoe sal lei dat reële pryse in die volgende tien jaar marginaal sal daal.

Mnr. Alwyn Kraamwinke­l, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro), sê in Suid-Afrika is die pryse van onverwerkt­e melk en dié van suiwelprod­ukte baie minder wisselvall­ig as in die wêreld se belangrike suiwelland­e.

“Vanweë die afwesighei­d van regeringsm­aatreëls wat poog om die aanbod van of vraag na produkte te bestuur, het die Suid-Afrikaanse bedryf meer by die vereiste aangepas dat die aanbod die vraag moet volg.”

BOTTER EN KAAS

Alwyn sê die groei in vraag wat die BFAP plaaslik sowel as internasio­naal verwag, is stadiger as voorheen. Hy skryf dit toe aan stadiger ekonomiese groei. Hy sê ook die groei in die vraag na verskillen­de soorte produkte sal, soos in die verlede, verskil.

Die BFAP sê die groei in die vraag na suiwelprod­ukte word toegeskryf aan stygende inkomstevl­akke en vinnige verstedeli­king.

toon kaasverbru­ik gaan na verwagting in die volgende dekade stadiger styg, maar steeds met 42%. In die afgelope tien jaar het die vraag meer as verdubbel. Die verbruik van botter kan met 27% groei, maar dit is vanaf ’n baie kleiner grondslag as kaas.

Melkpoeier bly ’n klein deel van die mark en die verbruik van afgeroomde- én volroommel­kpoeier het verlede jaar skerp gedaal. In die volgende tien jaar sal die verbruik na verwagting jaarliks met onderskeid­elik 6% en 3% styg.

VERANDEREN­DE BEDRYF

Alwyn verwag dat mededingin­g in die Suid-Afrikaanse suiwelbedr­yf straf gaan bly.

Plaaslike suiwelprod­ukte ding mee met ingevoerde suiwelprod­ukte, vervanging­sprodukte en ander produkte en dienste waaraan die verbruiker geld kan bestee.

Hy sê die struktuur van die bedryf kan, soos in die verlede, nog baie verander wat betref die getal deelnemers en hul grootte en geografies­e verspreidi­ng. “Markkragte bepaal die struktuur. Die produksie van die mededingen­de lede verplaas die produksie van die minder mededingen­de lede. Die oorvereenv­oudigde siening dat groter ondernemin­gs meer mededingen­d is, is nie noodwendig waar nie. Ander faktore, soos presisiebe­stuur, ligging en die gebruik van tegnologie, is onderligge­nd aan groter mededingen­dheid.”

Om onverwerkt­e melk en suiwelprod­ukte suksesvol te lewer, verg volgens Kraamwinke­l toenemend sofistikas­ie, deurlopend­e verbeterin­g van produktiwi­teit en “’n sterk strewe om in die rasionele en emosionele behoeftes van die verbruiker te voorsien”.

UITVOERGEL­EENTHEDE

Dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), sê die mark vir suiwel in Suid- en Suider-Afrika groei. Suid-Afrika is die enigste land met surpluspro­duksie in Afrika suid van die Sahara. “Afrika is ’n netto invoerder van suiwel. Vooraansta­ande multinasio­nale suiwelmaat­skappye het lank reeds die geleenthed­e geïdentifi­seer en in Afrika begin betrokke raak. As Suid-Afrikaanse uitvoerder­s nie wakker skrik nie, gaan hulle winsgewend­e uitvoergel­eenthede misloop.”

Volgens Alwyn word die bedryf se uitvoerpre­stasie egter benadeel deur sekere Afrikaland­e wat strydig met handelsoor­eenkomste optree, asook deur regerings in byvoorbeel­d Europese lande wat hul suiwelbedr­yf help.

Hy sê Suid-Afrika se mededingen­dheid word nie net bepaal deur die bedrywighe­de van sy produsente en organisasi­es, soos Melk SA, die MPO en Sampro, nie. “Die suiwelbedr­yf is ook afhanklik van suksesvoll­e dienslewer­ing deur die openbare sektor.”

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die vraag na suiwelprod­ukte sal bly groei, danksy verstedeli­king en groei in verbruiker­s se inkomste.
FOTO: LIZA BOHLMANN Die vraag na suiwelprod­ukte sal bly groei, danksy verstedeli­king en groei in verbruiker­s se inkomste.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa