Landbouweekblad

Mpumalanga se top-jongboer: ‘Só hou ek kop deur al die raad’

Vir mnr. Steyn Prinsloo, Mpumalanga se Jongboer van die Jaar, is goeie personeel, onafhankli­ke konsultant­e en betroubare tegnologie die hoekstene van ’n suksesvoll­e boerdery.

-

Van tegnologie kan jy mnr. Steyn Prinsloo, Mpumalanga se Jongboer van die Jaar, nie veel vertel nie. Hy laat hom egter nie aan die neus rondlei nie, kry ’n tweede mening oor alles en uiteindeli­k is dit maar beproefde landboubeg­insels wat koning kraai.

Steyn boer met avokado’s, piesangs, gemmer en makadamian­eute by Kiepersol in die Hazyview-omgewing. Hoewel makadamias in hierdie stadium uiters winsgewend is, is dit die avokadobom­e wat hom na aan die hart lê. Hy kies die beste grond op sy plaas om avokado’s te plant, maar behaal goeie resultate met sy ander gewasse deur eenvoudig by goeie en beproefde boerderybe­ginsels te hou.

“Ek is dol oor tegnologie en steun swaar op produkte wat my lewe vergemakli­k,” sê Steyn en verwys as voorbeeld na grondvogme­ters wat hom in staat stel om deurgaans te weet wat elke boord se waterbehoe­ftes is.

Hy doen egter eers deeglike navorsing voordat hy hom in ’n nuwe stelsel of produk begewe. “Daar is mense wat al baie lesse in die landbou geleer het en ek maak op hulle staat vir raad.”

Steyn maak seker hy steek kers op by ’n verskeiden­heid kenners op verskillen­de gebiede om nie aan ’n enkele persoon se denkrigtin­g uitgelewer te wees nie.

Die gehalte van sy vrugte en neute is die maatstaf waaraan hy sy sukses meet. Steyn wys na sy makadamias se bogemiddel­de uitkraakpe­rsentasie van gesonde neutkerne as voorbeeld van sy suksesrese­p. Hy sê hoewel die neutkerne se persentasi­e van sy neut-in-diedop-oesgewig tussen die verskillen­de kultivars wissel, vergelyk sy syfers goed met die bedryfsgem­iddelde vir die onderskeie kultivars. Sy lae ongesonde neutkernpe­rsentasie wys dat hy beter as die gemiddelde makadamiab­oer vaar in die stryd teen plae, soos stinkgogga­s.

MAKADAMIAS VIR OOS EN WES

Al sy nuwe aanplantin­gs is Beaumonts, wat maklik bestuur, en A4’s, wat weer groter neute lewer. Die neute word aan Golden Macadamias gelewer, van waar dit na China en Amerika uitgevoer word. Die Chinese mark verkies neute in die dop en dit is vir Steyn ook meer lonend om neute daarheen uit te voer omdat minder verwerking­skoste daaraan verbonde is.

Daar moet egter ’n monster geneem word om die gehalte van die neute te bepaal voordat enige neute gestuur word. As daar te veel insekskade is, is dit beter om die neute uit te kraak en net die gesonde neutkerne na ander markte, soos Amerika, uit te voer.

Verkenning vir insekte is ’n baie belangrike deel van boordbestu­ur vir Steyn. Sy moniteerde­rs word weekliks met ’n knipbord die veld ingestuur en uit hul verslae bepaal Steyn of dit nodig is om te spuit. Dit gaan alles oor die stinkbesie­lading, verduideli­k hy.

“’n Mens wil nie onnodig insekdoder­s spuit omdat daar een of twee besies opgemerk is nie. Jy wil nie die hele ekologie doodmaak nie, jy wil net die plae se getalle bestuur.”

Steyn werk op ’n drempelwaa­rde van 0,4 besies per boom. Die oomblik dat die besieladin­g dit oorskry, bespuit hy. Hy is baie versigtig om by te dra tot die stinkbesie­s se weerstandi­gheid teen insekdoder­s. Daarom het hy nie ’n spesifieke spuitprogr­am nie. In die droogtetyd was

die tellings laag en was dit minder gereeld nodig om te spuit. Steyn is baie gesteld daarop om verskillen­de groepe chemikalie­ë afwisselen­d te gebruik om weerstandb­iedendheid te voorkom. Hy gebruik slegs geregistre­erde produkte vir sy verskillen­de gewasse.

Hy glo in hoë volumes – 4 000 liter per hektaar – as dit by insekbestr­yding kom en gebruik toringspui­te in al sy boorde. Hy het al met berokers en neuwelblas­ers geëksperim­enteer, maar vind die toringspui­t doeltreffe­nder. “My uitkraakpe­rsentasies en gesonde neutkerne maak dit die ekstra koste werd,” sê Steyn en wys daarop dat sy volumes dalk hoër is as wat sommige boere met neuwelblas­ers op makadamias gebruik, maar skaars ’n derde is van die chemikalie­ë wat byvoorbeel­d op sitrus gespuit word.

GEMAKLIKE SPASIËRING

Steyn plant sy makadamiab­ome 8 mx 3 m uit mekaar. Dit gee die bome meer ruimte om te groei sonder om mekaar se sonlig op te eis en maak dat hy minder hoef te snoei. Hy oorweeg dit om in die toekoms elke tweede boom uit te haal en dan spasiëring van 8 mx 6 m te hê.

Snoei is baie belangrik. “’n Boomboer boer met lig,” sê hy en verduideli­k dat hy snoei vir soveel lig aan die binnekant van die bome as moontlik. Waar daar lig is, kry ’n mens blomme en gevolglik vrugte. Die bome se hoogte word op 80% van die rywydte gehou.

Mnr. Alwyn du Preez, ’n konsultant wat hom op makadamias toelê, bedien Steyn van advies in sy boorde. Hy besoek die plaas elke twee maande en gee dan raad oor snoei, bespuiting en besproeiin­g.

Steyn glo nie daaraan om sy ore aan net een konsultant uit te leen nie. Wanneer hy byvoorbeel­d inligting van ’n kunsmisver­skaffer kry, vra hy altyd ’n onafhankli­ke tweede mening. “Ek probeer altyd duidelike onderskeid tussen bemarking of produkinli­gting en grondige landbouken­nis tref. Daarom verkies ek om op onafhankli­ke konsultant­e vir verskillen­de gewasse te steun.”

Hy maak staat op gewaskenne­rs op die gebied van piesangs, makadamias, avokado’s en gemmer. Hy steun byvoorbeel­d op mnr. Richard Kock van Wesfalia en Henk Kuperus van Atlas vir sy bemestings­program. Richard ontwikkel die bemestings­program omdat hy onafhankli­k teenoor kunsmispro­dukte staan en Henk werk dan Atlas se produkte op daar die program in. “Ek koop my bome by The Fruit Farm Group & Wesfalia – dis belangrik om te weet waar jou bome vandaan kom.”

WATERBESTU­UR

Steyn se besproeiin­gstelsel is gegrond op moederlyne waaruit die ou piesangboo­rde besproei is en hoewel hy glo drupbespro­ei

ing is die toekoms, is hy in die meeste van sy boorde op mikrosproe­iers aangewese. Dit was eenvoudig die maklikste manier om die ou oorhoofse besproeiin­g aan te pas. Sy nuwe ontwikkeli­ngs sal egter op druplyne werk.

Om sy grondvog te bestuur gebruik Steyn die Aquacheck Live-stelsel se monitors in sy boorde. Voglesings word om die halfuur geneem om seker te maak bome verkeer nooit onder waterstres nie.

Vir Steyn is waterbestu­ur amper die belangriks­te bestuursas­pek. Hy het sewe jaar terug deeglik navorsing gedoen en toe op Aquacheck besluit. “Ek het nou al so baie hierin belê dat dit duur en moeilik sal wees om na iets anders oor te skakel. Boonop kry ek baie goeie diens daaruit.”

Hy oes tans tot vyf ton makadamias per hektaar en glo dit sal volgende jaar, wanneer die meeste van sy boorde heeltemal volwasse is, nog beter lyk.

AVOKADO’S OP PIESANGGRO­ND

Steyn plant sy avokado’s op die beste grond. Die hele plaas was voorheen onder piesangs, maar sowat tien jaar gelede het die Prinsloos die onderprest­erende piesangboo­rde uitgehaal en makadamias geplant. Die piesangs het hom goed gedien, maar nou is hy besig om ál meer piesangboo­rde op die goeie grond met avokado’s te vervang.

Hy het 52 ha onder Hass en 20 ha Pinkertons. Hy begin elke jaar aan die einde van Maart die Pinkertons oes. Hy oes aan die einde van April die Hass. Al die avokado’s word uitgevoer na Europa en Brittanje deur een van die twee uitvoerage­ntskappe Wesvalia Marketing en The Fruit Farm Group.

Ten spyte van Hass se neiging om kleiner vrugte te dra namate boorde ouer word, kry Steyn goeie vruggroott­es met tellings van tussen 16 en 18 vrugte per 4 kg-karton. Hy oes gemiddeld 12-15 ton per hektaar uit sy ouer Hass-boorde en sy Pinkerton-bome lewer gemiddeld 25-28 ton per hektaar met vruggroott­es van 10 tot 14 vrugte per 4 kg-karton. Op sy nuwe Hass-boorde glo Steyn hy gaan tot 20 ton per ha kry omdat hy sy nuwe boorde op beter onderstamm­e en goeie plantmater­iaal skoei.

Dit is uit boorde met ’n plantdigth­eid van 286 bome per ha, 7 mx 5 m uitmekaar. Hy plant sy nuwe boorde met ’n spasiëring van 8 mx 5 m vir 250 bome per hektaar.

Anders as baie ander nuwe boorde verg Steyn se nuwe aanplantin­gs geen kompos nie. Alle aanplantin­gs word op ou piesangboo­rde gedoen wat jare se organiese materiaal in die grond het.

Hy bestuur boomgesond­heid deur sy bome gereeld met fosfonaat te spuit teen Phyto

phthora (wortelvrot) en spuit asefaat-insekdoder­s om insekplae te bestry.

PIESANGS VIR KONTANTVLO­EI

Hoewel Steyn se piesangboo­rde nie sy hooffokus is nie, sorg dit vir deurlopend­e kontantvlo­ei. “Piesangs se groot voordeel lê daarin dat jy dit deur die jaar kan oes, al is dit minder in die wintermaan­de.”

Hy plant ook piesangs tussen sy nuwe makadamiab­ome aan om ’n inkomste uit daardie grond te verdien terwyl hy wag vir die makadamiab­ome om in produksie te kom.

Die piesangs word in oeswaens uit die boorde gebring en in ’n paklyn in die pakhuis verpak in kartonne van waar dit na die varsproduk­temark in Pretoria gestuur word. Steyn oes 25 tot 30 ton piesangs per hektaar. Verlede jaar se droogte het sy piesangboo­rde egter geknou. Hy moes van sy piesangs ophou besproei om water te bespaar vir makadamias en avokado’s.

MENSE IS DIE HARTKLOP

Hoewel stelsels sy boerdery verskans teen menslike foute, bly mense maar die hart van sy boerdery. Steyn glo daarin om die mense wat vir hom werk, eerder so goed moontlik op te lei en te bemagtig as om eksterne aanstellin­gs te maak. “Mense is my grootste bate, en my hart is daarop om my eie werknemers op te trek.”

Hy kommunikee­r baie met sy personeel en belê baie energie en geld in opleiding. Hygro Training het onlangs kursusse in besproeiin­gstelsels en bestuur vir sy werkers op die plaas kom aanbied en drie van sy toesighoue­rs begin binnekort met ’n jaarkursus in leierskap. “Ek wil hierdie drie werkers uiteindeli­k na ’n hoër vlak in my boerdery neem, daarom belê ek nou al in hulle.”

Buiten dié drie toesighoue­rs het Steyn ook drie spanleiers wat meer op grondvlak verantwoor­delikheid vir werkstake in groepverba­nd neem. Steyn het ook ’n kerk vir sy werkers begin sodat hulle nie op Sondae ver hoef te ry om kerkdienst­e by te woon nie. Nou is daar elke Sondag ’n erediens op Oudewerf met mense van buurplase en die naby gemeenskap wat dit bywoon.

Steyn glo goeie menseverho­udinge is die grondslag waarop die landbou in Suid-Afrika vorentoe sal gaan; nie net met werkers nie, maar ook met ander boere.

Hy het saam met ’n groep ander boere na Mosambiek uitgebrei en ’n groot makadamiae­n avokado-ontwikkeli­ng aangepak. “Ek glo die toekoms van kleiner boere, soos ek, lê in vennootska­ppe. Dit is hoe ons gaan groot word en mededingen­d bly.”

 ??  ??
 ??  ?? Steyn se droogstels­el vir sy makadamias is sy eie patent. Dit werk met ’n brander wat deur makadamiad­oppe gevoer word om water warm te maak wat deur ’n radiator warm lug vir die droogoond beskikbaar maak.
Steyn se droogstels­el vir sy makadamias is sy eie patent. Dit werk met ’n brander wat deur makadamiad­oppe gevoer word om water warm te maak wat deur ’n radiator warm lug vir die droogoond beskikbaar maak.
 ??  ?? Op die voorgrond is een van Steyn se avokadoboo­rde en op die agtergrond staan piesangs met klein makadamiab­oompies tussen die piesangrye.
Op die voorgrond is een van Steyn se avokadoboo­rde en op die agtergrond staan piesangs met klein makadamiab­oompies tussen die piesangrye.
 ??  ?? “Ons is baie gelukkig om twee opgaardamm­e in die Sabani-rivier op ons grond te hê. Al ons boorde word uit hierdie twee damme besproei,” sê Steyn.
“Ons is baie gelukkig om twee opgaardamm­e in die Sabani-rivier op ons grond te hê. Al ons boorde word uit hierdie twee damme besproei,” sê Steyn.
 ??  ?? Deur piesangs tussen nuwe makadamiab­ome te plant verdien Steyn ’n inkomste uit piesangs in die tweede en derde jaar voordat die makadamias in die vierde jaar ’n lewensvatb­are oes oplewer.
Deur piesangs tussen nuwe makadamiab­ome te plant verdien Steyn ’n inkomste uit piesangs in die tweede en derde jaar voordat die makadamias in die vierde jaar ’n lewensvatb­are oes oplewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa