Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

’n Teenkorrup­sie-eenheid moet gestig word om korrupsie in die landboubed­ryf te ondersoek, sê mnr. Bheki Cele, Adjunkmini­ster van Landbou, Bosbou en Visserye.

Hy het op ’n byeenkoms in Umlazi, suid van Durban, gesê toe hy onlangs die departemen­t se kantoor by Cato Ridge besoek het, het hy gesien nuwe trekkers wat die Regering gekoop het, staan toegegroei onder die gras pleks daarvan dat dit gebruik word om ontwikkele­nde boere te help. Daar is ook verrotte saad ontdek.

“Korrupte amptenare koop die saad in groot maat, neem wederregte­lik ’n deel van die wins en gee dan nie om wat verder daarvan word nie,” het hy gesê.

Cele wil hê die departemen­t moet die bestuur van die toerusting oorneem. “Die Regering het dit gewoonlik in die hande van tradisione­le leiers gelaat, maar daar is agtergekom dat ván hierdie leiers betaling eis as ’n gemeenskap­slid ’n trekker wil gebruik. Ons gaan die diens nou self bestuur.”

Hy het ook klappe uitgedeel na gemeenskap­slede wat omkoopgeld betaal. “As jy ’n amptenaar omkoop, is jy self ook korrup.”

Die byeenkoms was daarop gemik om stedelike landbou te bevorder. Cele het gesê 3 miljoen mense in KwaZulu-Natal gaan slaap honger, terwyl 6 miljoen mense regeringst­oelaes kry.

“Hou op om groente en vrugte te koop en verbou dit eerder in jul eie tuine. Moenie blomme plant nie. Plant eerder spinasie en kool. ’n Mens hoef nie in ’n landelike omgewing te wees nie, jy kan dit in ’n stedelike gebied ook doen.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa