Landbouweekblad

WIE, WAAR, HOEVEEL?

-

Tussen die Springbokk­e, die weer en die onlangse kwaai brande is daar wel ’n bietjie goeie nuus. In die Parlement se wandelgang­e hoor ons dat die Regering uiteindeli­k sy grondoudit gaan bekend maak. Met syfers kan ons ’n sinvolle gesprek begin voer, sodat ons ook kan begin praat oor ander dringende sake, soos veranderen­de weer patrone, SuidAfrika se water krisis en nuwe uitvoer geleenthed­e om broodnodig­e buitelands­e valuta te verdien. Dit behoort mos glad nies o ingewikkel­d te wees nie. Ons weet hoe groot Suid-Afrika is en ons weet ook waar die hoëpotensi­aalgrond lê — ’n mens hoef net te kyk waar die meeste reën val. Daar’s ook die aktekantoo­r waar alle grondtrans­aksies registreer word. Tussen dié drie behoort ’n mens darem ’n heel skaflike aanduiding te kry van wat aangaan.

En voor ons vergeet, daar ís al grondoudit­s gedoen. Die Departemen­t van Grondsake se destydse poging onder leiding van prof. Shadrack Gutto was ongelukkig só deurspek met denkfoute dat dit nooit regtig vastrapple­k in die openbare debat gekry het nie. Dis jammer, want as ons destyds al ’n sinvolle gesprek begin het, was ons nou al baie verder op die pad.

Dan was daar die deeglike provinsial­e poging van Vrystaat Landbou. Die bevindinge was nie juis bemoedigen­d nie — net 3% van die provinsie se landbougro­nd was in 2013 in swart hande. Ja, die provinsie het die minste grondeise, maar daar is wragtig ook makliker plekke om geld te maak as byvoorbeel­d die Wes-Vrystaat. Dáár is baie kapitaal net die begin van jou probleme. Dan het jy ook’ n slim diversifik­asie strategie weg vanne t mielie saf nodig. As jy ’n bestaansbo­erdery of kleinskaal­se boerdery wil vestig, is daar plekke waar dit eenvoudig meer reën, soos aan die ooskus waar ’n groot deel van Suid-Afrika se swart bevolking reeds woon.

Die ironie is dat mense in die voormalige tuislande nog presies soos onder apartheid lewe — sonder eiendomsre­g of enige noemenswaa­rdige staatsbest­uur wat boerdery vergemakli­k. Soos ons kommunale wolboere. Hulle steier daagliks onder onophoudel­ike veediefsta­l en troppe rondloperh­onde.

Ja, daar is ook dele van die tuislande waar reën skrapser is en die veld soeter en lelik vertrap is. Maar in die ooste, soos Pondoland, is die reënval hoog en alles van mielies tot melk is opsies. Dis natuurlik buiten die meer as 40% van Suid-Afrika se nasionale vleisbeesk­udde wat reeds onder kommunale bestuur is. Verbeel jou ons begin keursnitte van dié beeste na die Midde- of VerreOoste uitvoer. Dit kan ’n maatskapli­ke omwentelin­g veroorsaak.

Ons sien dus regtig uit daarna om die staat se syfers te sien. Want van ons kant af sit Johann Bornman van ADS nou byna twee jaar lank en werk deur die byna 221 000 grondtrans­akies wat van 1994 tot 2016 by die aktekantoo­r geregistre­er is. Met finansiële bystand van Agri SA en steun van LBW het ons onder meer bevind dat landbougro­nd in die besit van wit boere van byna 85% in 1993 tot 57% verlede jaar geval het. Daarteenoo­r is byna 30% van die totale landbougro­nd nou in swart besit. En as jy kyk na die eintlike potensiaal van die grond onder bespreking, sit swart eienaars met byna 47% van die waarde van alle landbougro­nd. Baie daarvan is presies in daardie hoë reënval gebiede in die ooste.

In die komende maande sal ons ons finale bevindinge publiseer, want ons stem saam: Die tyd vir ’n sinvolle grondgespr­ek het nou aangebreek. — CHRIS BURGESS

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa