Landbouweekblad

‘Loonseisoe­n’ in volle swang in wynbedryf

- — LUCILLE BOTHA

ONDERHANDE­LINGS, wat spruit uit ’n loonooreen­koms verlede November, is hervat by die wynkelder Robertson Winery.

Die aanleg het in November ná ’n staking van sowat 13 weke onderneem om werknemers ’n verhoging van die grootste van 8% of R400 te betaal.

Volgens me. Reinette Jordaan, menslikehu­lpbronbest­uurder, is verder ooreengeko­m om vanaf Julie oor werkers se ander eise te onderhande­l.

Mnr. Karel Swart, adjunkhoof­sekretaris van die Commercial, Stevedorin­g, Agricultur­al and Allied Workers’ Union (CSAAWU), sê van die 23 kwessies is ses nog ter sprake.

Dit sluit in die instelling van ’n monitering­skomitee oor die skending van werkersreg­te of die oortreding van etiese gedragskod­es, die afskaffing van ’n “klokstelse­l” wanneer fabriekswe­rkers die toilet besoek, behuisings­ubsidies, vervoersub­sidies en langdiensb­onusse.

LEEUWENKUI­L SE STAKING GOU GEKEER

Altesaam 30 van die 37 heeltydse werkers by Leeuwenkui­l Family Vineyards het bykans ’n week lank vir hoër lone gestaak. Volgens mnr. Lennox Makhasi, woordvoerd­er van die National Union of Food, Beverage, Wine, Spirits and Allied Wordiploma­kursus kers (NUFBWSAW), het hul lede die kelder se aanbod van ’n loonverhog­ing van gemiddeld 7,34% aanvaar. Werkers sou weer Maandag op hul pos wees.

Volgens mnr. Pieter Carstens, hoofwynmak­er, is bedrywighe­de by die kelder nie geraak nie en was die staking die gevolg van gewone loononderh­andelings wat oudergewoo­nte in Junie en Julie plaasvind. “Dit is nie oor swak werkverhou­dings nie en daar kan ook nie ’n vergelyk getref word met wat verlede jaar gebeur het nie (toe Leeuwenkui­l in die Deense joernalis Tom Heinemann se dokumentêr Bitter Grapes verskyn het).”

Die laagste loon wat by die kelder betaal word, is R3 217,29 per maand (sonder bonusse en voor die verhoging).

Die laagste loon wat by die kelder betaal word, is R3 217,29 per maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa