Landbouweekblad

Voornemend­e boer en handelaar wen met verskansin­g

- NICO VAN BURICK

MNR. Marco Meyer, ’n jong boer van Middelburg, Mpumalanga, wat landbou-ekonomie gestudeer het en nou besig is met ’n internskap oor graanverha­ndeling, is vanjaar se wenner in die verhandeli­ngsmaatska­ppy BVG se jaarlikse verskansin­gskompetis­ie.

Die kompetisie is vanjaar vir die derde keer aangebied en is daarop gemik om veral boere, maar ook ander belangstel­lendes, meer vertroud te maak met die gebruik van afgeleide instrument­e op die Johannesbu­rgse Sekuriteit­ebeurs (JSE).

Dit word met die samewerkin­g van BKB GrainCo, Landbou.com, die JSE en Suidwes Graan aangebied en R45 000 se prysgeld is op die spel. Die wenners is op ’n gala-geleenthei­d in Pretoria aangekondi­g en Meyer se eerste prys was R20 000.

“Aan die begin was ek kwaai in die rooi en wou ek net tou opgooi. Ek het egter nuwe planne gemaak, want ek het geweet pryse gaan daal. Skielik het dit beter begin gaan. ’n Mens moet besef daar is risiko, maar hoe meer daarvan, hoe meer wins. Daar is egter ook altyd ’n mate van geluk betrokke.”

Deelnemers moes die verskansin­g van 4 000 ton fiktiewe wit mielies vir lewering in Julie 2016 van ’n boer in die Coligny-

gebied doen. Die uitgawes van die boer was op R8,5 miljoen vasgestel en ’n vervoerdif­ferensiaal van R270/ton het gegeld. Die kontrakte was vir lewering in Julie 2017. Deelnemers moes met verskillen­de verskansin­gstrategie­ë probeer om sonder ooglopende spekulasie die grootste moontlike wins vir die boerdery te maak.

Mnr. Tiaan Buys, deeltydse boer en rekenmeest­er van Nelspruit, het die tweede prys van R15 000 ingepalm. Hy sê hy het baie vroeg sy pryse begin vasmaak.

“Ek het gedink ’n rand in die sak is beter as twee wat moontlik net daarbuite rondsweef. Dit is moeilik om vir iemand raad te gee, want pryse is baie wisselvall­ig. As ek dit weer moet oordoen, sou ek 60% tot 70% vasmaak indien ek daarmee basiese uitgawes kan dek en dan ’n mate van vloeibaarh­eid behou.”

Hy sê ’n mens moet egter ook jou navorsing doen en nie net blindeling­s inspring nie.

Die tien finaliste vanjaar was mnre. Marco Meyer, Tiaan Buys, Niel Swart (derde), Tadiswanas­he Muchaka, me. Adri Wolhuter, mnre. Conrad Barnard, Thinus Helberg, Francois Nel, Stefanus Anderson en Piet Janse van Rensburg.

 ?? FOTO: NICO VAN BURICK ?? Mnr. Marco Meyer (regs), wenner van BVG se veskansing­skompetisi­e, word gelukgewen­s deur mnr. Ryno Olwagen, meester-handelaar van BVG.
FOTO: NICO VAN BURICK Mnr. Marco Meyer (regs), wenner van BVG se veskansing­skompetisi­e, word gelukgewen­s deur mnr. Ryno Olwagen, meester-handelaar van BVG.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa