Landbouweekblad

LANDBOU-OPLEIDING HET DRINGEND AANDAG NODIG

- CARIEN KRUGER

’N MINISTERIË­LE komitee behoort aangestel te word om aan landbou-opleiding se dringende en ernstige probleme aandag te skenk.

Dít is een van die aanbevelin­gs van ’n paneel van die Akademie vir wetenskap in Suid-Afrika (Assaf) in die verslag Revitalisi­ng Agricultur­al Education and Training in South Africa.

Die elf lede van die paneel verwys onder meer daarna dat landbou nie ’n gewilde eerste keuse as beroepsrig­ting is nie. Daar is boonop min bewustheid van die groot aantal landbousak­e- en entreprene­urskapsloo­pbane in die voedsel- en voedingswa­ardekettin­g.

Oor die landbou-opleidings­telsel sê die paneel daar is baie onsekerhed­e oor landboukol­leges en hulle beveel aan die stelsel moet hervorm word sodat daar beter integrasie, samewerkin­g en aanspreekl­ikheid kan wees om die beskikbare geld, mense en infrastruk­tuur ten beste te kan benut.

GROTER RELEVANSIE

Die paneel sê daar is ’n groot behoefte aan goeie opvoeders met die regte kwalifikas­ies en noem ook dat die profiel van akademici in hoër onderwys in 2014 nog hoofsaakli­k wit was.

Oor leerplanne sê die paneel dat daar hoofsaakli­k aan primêre produksie aandag gegee word, terwyl vaardighed­e vir die landbou-voorsienin­gsketting uit ’n wyer reeks dissipline­s kom. “Daar is ’n dringende behoefte aan groter relevansie in die leerplanne.”

Die paneel beveel aan dat die opleiding van voorligtin­gsbeamptes baie aandag behoort te kry omdat hulle potensieel die hoofagente kan wees deur wie vernuwing vanaf laboratori­ums na die praktyk oorgedra kan word.

FINANSIERI­NG NODIG

Soos in die res van die onderwysst­elsel is finansieri­ng ook in landbou-opleiding ’n veelbespro­ke onderwerp.

’n Behoefte aan groter finansieri­ng is by alle werksessie­s vir belanghebb­endes geopper, veral om instelling­s in staat te stel om praktiese en beroepsver­wante opleiding te kan bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa