Landbouweekblad

HOF BESLIS IN BOER SE GUNS OOR TB-DIAGNOSE

- JOHAN NORVAL

BUFFELEIEN­AARS en die staat sal weer dringend moet samespreki­ngs voer oor die toets van siektes onder wild en die interpreta­sie van die uitslae daarvan.

Dit volg nadat die staat se veterinêre prosedurel­e kennisgewi­ng (VPN) vir die risikobehe­er van buffelsiek­tes in Suid-Afrika voorlopig in die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof in Pretoria tersyde gestel is.

Regter Vivian Tlhapi het gelas dat die vorige buffelprot­okol (nr. 20) intussen van krag bly en dat die VPN van die direktoraa­t dieregeson­dheid van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye ’n onwettige dokument was omdat dit nie deur die minister goedgekeur is nie.

Die dringende hofaansoek is deur mnr. Jaco Troskie, ’n sakeman van Bloemfonte­in, gebring. Volgens hom het hy die aansoek vir die opskorting van dié voorskrift­e vir die wildbedryf in Suid-Afrika gedoen, sodat ’n aanvaarbar­e voorstel vir ’n nuwe regulasie met die samewerkin­g van boere, veeartse en die staat opgestel kan word.

Troskie se regspan het aangevoer dat die helfte van Suid-Afrika se buffelbevo­lking ingevolge die departemen­t se oorgevoeli­ge VPN positief vir tuberkulos­e (TB) sou toets. Hy het aangevoer dat die bepalings van die VPN onwetenska­plik en ondeurdag was en dat vergelyken­de toetse wat vals reaksies in die toetse sou uitskakel, nie meer in ag geneem is nie. Intussen het buffeleien­aars hulle bereid verklaar om met die samewerkin­g van die staat ’n werkbare dokument op te stel om dieresiekt­es te bekamp. “Ons wil baie graag die harde werk wat oor jare gedoen is, voortsit en die konstrukti­ewe sinergie en momentum wat bereik is, behou,” lui ’n verklaring. “Ons wil dit sterk beklemtoon dat ons opreg samespreki­ngs met die direktoraa­t dieregeson­dheid wil voer en as vennote saam aan die toekoms van die buffelbedr­yf wil werk.”

Mnr. Reuben Saayman, uitvoerend­e hoof van Buffalo Ranch in Bloemfonte­in, en voorsitter van die Buffeleien­aarsadvies­komitee van Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA), sê goeie vordering is gemaak en ’n komitee vir beheerde siektes by buffels is tot stand gebring wat deur die nasionale dieregeson­dheidsforu­m verteenwoo­rdig word. Dié komitee sal onder meer alle buffeleien­aars, die WRSA, wildveeart­se, die direktoraa­t dieregeson­dheid, nasionale parke, provinsial­e reservate en die Universite­it van Pretoria verteenwoo­rdig.

“Hierdie komitee sal graag voortaan met die staat en ander belanghebb­endes saamwerk, veral oor die toekoms en voorstelle wat in die verlede nie aanvaar is nie en wat nou probleme veroorsaak,” sê Saayman.

 ??  ?? Mnr. Reuben Saayman Mnr. Jaco Troskie
Mnr. Reuben Saayman Mnr. Jaco Troskie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa