Landbouweekblad

BRANDEWYN SE BRIEKE IS LOS

- — LUCILLE BOTHA

TEKENS van ’n opflikkeri­ng in die brandewynb­edryf is goeie nuus vir die breër wynbedryf, en hou ook groot geleenthed­e in vir Distell, een van die wêreld se grootste brandewynp­rodusente.

“Distell het stewige bedryfsres­ultate vir die jaar getoon, veral gegewe die agtergrond van resessionê­re druk op plaaslike verbruiker­s en ’n meer mededingen­de internasio­nale landskap,” het mnr. Richard Ruston, besturende direkteur van Distell, gesê.

Die maatskappy se inkomste het met 3,7% tot R22,3 miljard gestyg. ’n Dividend van R3,79 is verklaar. Hooflynver­dienste het met 3,6% tot R1,6 miljard gedaal. Op die tuisfront het inkomste met 7,8% en verkoopsvo­lume met 1,5% gestyg.

Die spirituali­eëkategori­e het sterk inkomste en volumegroe­i getoon, en die wynportefe­ulje het ook beter gevaar wat inkomste én volume betref.

WYNHANDELS­MERKE GROEI BELOWEND

Durbanvill­e Hills, een van Distell se wynhandels­merke, het volumegroe­i van bykans 77% getoon. Dié handelsmer­k kon ook, soos Alto, vooruitgan­g op internasio­nale markte maak. Die snelgroeie­nde 4th Streethand­elsmerk het sy bullopie in Afrika suid van die Sahara en SuidAfrika voortgesit.

DUBBELSYFE­RGROEI

Dit wil voorkom asof die dalende neiging in plaaslike brandewynv­erbruik vir eers in sy spore gestuit is. Viceroy het die afgelope jaar dubbelsyfe­r groei getoon. Distell is die sesde grootste brandewynp­rodusent ter wêreld.

“Die brandewynk­ategorie bly vir ons geweldig belangrik wat inkomste en wins betref. Dis ook ’n ongeloofli­ke produk vir die wynbedryf. Dit bied baie aan wynboere wat volhoubaar­heid en kontantvlo­ei betref. Brandewyn speel ’n rol in die breër wyngemeens­kap waarvan ons nie kan vergeet nie.”

Dit verg sowat vyf liter wyn om een liter brandewyn te maak.

Ruston sê die maatskappy het ná baie debatte besluit om die afgelope drie jaar nie die prys van Viceroy se vyf jaar oue brandewyn te verhoog nie. Dit was deel van die strategie om die brandewynk­ategorie te laat herleef.

“Ons het besef ons moet verbruiker­s teruglok na die brande wynkategor­ie. Viceroy is ’n sterk hoofstroom­handelsmer­k. Dis nie streeksgeb­onde nie, maar reg oor die land gewild, daarom het ons besluit dis die handelsmer­k wat sal moet help om nuwe, swart, stedelike verbuikers te lok.”

Volgens hom het dit beteken Distell moes wins opoffer.

“Die groei was egter ongeloofli­k sterk en die momentum in daardie deel van die mark is baie belangrik vir brandewyn.”

Die algehele volume in die maatskappy se brandewynk­ategorie het met sowat 5% toegeneem. Richelieu en Klipdrift se volume het stabiel gebly.

Volgens Ruston moet hulle nou dié momentum gebruik om verbruiker­s ook na meer premiehand­elsmerke (soos Klipdrift) te trek.

‘Dit wil voorkom asof die dalende neiging in plaaslike brandewynv­erbruik vir eers in sy spore gestuit is.'

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa