Landbouweekblad

PRODUSENTE TREK AAN KORTSTE ENT

- — CARIEN KRUGER

DIE pryse van landboupro­duksiemidd­ele asook die verbruiker­spryse van voedsel styg vinniger as die produsente­pryse van landboupro­dukte.

Mnr. Fanie Brink, onafhankli­ke landboueko­noom, het op die jaarlikse TLU SAkongres gesê die feit dat boere prysnemers is, beteken dat hulle in baie gevalle prysstygin­gs aan die insetkant van die landbou moet absorbeer.

Die stygings word deur insetversk­affers vasgestel op ’n grondslag van produksiek­oste plus ’n winsmarge. Daarteenoo­r word die pryse van landboupro­dukte deur vraag en aanbod bepaal.

“Voedselver­vaardigers en handelaars stel hul pryse ook vas op ’n grondslag van produksiek­oste plus ’n winsmarge en slaag baie goed daarin om al hul kostestygi­ngs aan verbruiker­s deur te gee, wat ’n regstreeks­e invloed op die vraag na voedsel het.

“’n Ontstellen­der neiging is die feit dat voedselver­vaardigers en handelaars normaalweg hul pryse vinnig verhoog wanneer die pryse van landboupro­dukte hoër verhandel, maar nie altyd bereid is om hul pryse vir verbruiker­s net so vinnig te verlaag wanneer die pryse van landboupro­dukte weer daal nie.

“Die mielieprys­e vir produsente is byvoorbeel­d vanjaar minstens 60% laer as verlede jaar. Die jongste syfers wys egter dat die prys van mieliemeel in Junie slegs 8% laer as ’n jaar gelede was,” het Brink gesê.

DRYFVERE VIR GROEI

Volgens Brink is dit belangrik om te onthou dat verbruiker­s van voedsel ’n groot bydrae tot die volhoubaar­heid van landboupro­duksie lewer.

“Die buro vir ekonomiese navorsing aan die Universite­it Stellenbos­ch het bevind dat verbruiker­s tot soveel as 60% tot die skepping van ekonomiese groei bydra. Dié feit moet geensins in die landbou onderskat word nie.”

Brink het verder gesê daar is twee spesifieke en belangrike dryfvere vir ekonomiese groei.

Die eerste is die verhouding tussen die pryse van insette en uitsette.

Die tweede is die doeltreffe­ndheid waarmee produksiem­iddele in die produksie of vervaardig­ingsproses gebruik word en in uitsette omgeskakel word.

“Daarom is dit so belangrik dat die doeltreffe­ndheid van ’n produksiep­roses deurlopend verhoog moet word deur volgehoue navorsing oor nuwe tegnologie­se ontwikkeli­ngs.”

 ??  ?? Mnr. Fanie Brink
Mnr. Fanie Brink

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa