Landbouweekblad

AUSSIES KRY KRITIEK OOR MULE SE OPERASIE

-

KLEREVERVA­ARDIGERS en verbruiker­s begin al hoe meer druk op die wolbedryf plaas om te bewys dat die wol wat hulle verskaf, eties geprodusee­r en die skape se versorging in ag geneem is.

Dit is veral Australië wat deurloop omdat hulle steeds nie ’n oplossing vir Mule se operasie gevind het nie.

Dié operasie behels die verwyderin­g van los vel vir die voorkoming van brommeraan­valle en word steeds algemeen uitgevoer.

Nou het Australië se grootste woluitvoer­der gewaarsku dat die bedryf se versuim om sy eie kode vir beste praktyke op te stel tot ’n “ontploffin­g” van onrealisti­ese vereistes deur kleinhande­lsgroepe gelei het. Dit kan op die bedryf afgedwing word. Mnr. Josh Lamb, bestuurder van Techwool Trading wat verlede seisoen meer as 255 000 bale wol gekoop het, sê die kleinhande­lgroep H&M is die jongste groep wat ’n onafhankli­ke verklaring oor dieresorg opgestel het.

Die vereistes in dié verklaring­s is nie altyd prakties uitvoerbaa­r nie, sê hy. Een verklaring vra byvoorbeel­d vir die geskiedeni­s van boere se skaapkudde­s oor die afgelope honderd jaar en waarborge dat die skape nie tydens die skeerprose­s beseer is nie.

“Die bedryf moet die leiding neem en self ’n kode vir beste praktyke opstel.”

Net 60% van Australië se wolboere het verlede seisoen die nasionale wolverklar­ings van die Australies­e wolbeurs ingevul. Daarin moet hulle aandui of hulle Mule se operasie uitvoer en of hulle pynstiller­s toedien.

Lamb se waarskuwin­g volg ná druk van die Australies­e vleisbedry­f om ’n strategies­e navorsings­en bemarkings­plan plan op te stel om die ongunstige indrukke oor Mule se operasie reg te stel.

Suid-Afrika, waar die operasie onbekend is, het in 2012 reeds ’n verklaring opgestel wat boere moet onderteken om te bevestig dat hulle nie dié operasie uitvoer nie. Dit is op Cape Wools se webblad by www.capewools.

co.za beskikbaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa