Landbouweekblad

SÓ IS WOLBOERE DEUR SA VERSPREI

-

DIE VRYSTAAT het die grootste getal geregistre­erde kommersiël­e wolboere. Dié provinsie word gevolg deur die Oos-Kaap, waar skeerhuise geregistre­er is as individuel­e produsente en nou nog verslag gedoen word as produsente van die voormalige Transkei en Ciskei. Dan volg die Wes-Kaap.

In die Vrystaat is daar 2 557 wolboere, van wie die meeste by Frankfort boer, gevolg deur Vrede, Smithfield en Harrismith.

Die Oos-Kaap spog met 1 766 kommersiel­e boere (die voormalige Transkei en Ciskei uitgesluit) van wie die grootste persentasi­e by Barkly-Oos, Cradock en Maclear voorkom. Daar is 1 042 kleinboere in die voormalige Transkei en 124 in die voormalige Ciskei.

Die Wes-Kaap het 1 461 boere van wie die

meeste by Bredasdorp, Caledon en Swellendam boer. Die Noord-Kaap het 856 wolproduse­nte en die grootste distrikte is Victoria-Wes, Calvinia en Richmond.

Mpumalanga het 673 produsente van wie die meeste by Ermelo en Wakkerstro­om boer.

Noordwes het 338 boere, terwyl daar 256 produsente in KwaZulu-Natal is. Limpopo en Gauteng het saam 105 produsente wat wol lewer, terwyl daar nog net een produsent in Namibië oor is. Lesotho het 290 produsente.

Die getal wolboere in Suid-Afrika is 9 469.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa