Landbouweekblad

IS ARMES DIE TOEKOMS VAN DIE SUIWELBEDR­YF?

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die suiwelbedr­yf het ’n groot geleenthei­d om na armes uit te reik, sê mnr. Yusuf Lambada, Woolworths se bestuurder van suiwelprod­uk-aankope.

Die hele bedryf moet dan egter betrokke raak en bereid wees om winsmarges in daardie deel van die mark te verlaag, het hy op ’n vergaderin­g van die SA Suiweltegn­ologie-vereniging in Kaapstad gesê.

“Die bedryf is gelaai met koste. Van die boer, wat die maksimum produksie moet verseker, tot die verwerker wat die beste moontlike produk moet vervaardig, tot die kleinhande­laar wat die produk so goed as moontlik moet aanbied. Die verbruiker is nie bewus van hierdie koste en die mate waartoe al die faktore binne dae skielik kan verander nie.

“Verbruiker­s verwag verder dat die prys van suiwelprod­ukte konstant moet bly en boonop is hulle ongeloofli­k prysgevoel­ig. Die bedryf is dus uiters mededingen­d en dit plaas druk op almal in die waardekett­ing. Die mense wat tans suiwel verbruik, gaan nie in die toekoms hul verbruik van suiwelprod­ukte vermeerder nie.

“Die bedryf se grootste groei gaan kom uit die armer gemeenskap­pe wat nie baie suiwel per kop verbruik nie. Daarin lê ’n reusegelee­ntheid vir die bedryf. Die geheim is om aan hierdie mense ’n produk te lewer wat vir hulle goeie waarde vir hul beperkte besteebare inkomste sal gee.” sê Yusuf.

Volgens mnr Koos Coetsee, ekonoom van die MPO, onderskat Yusuf moontlik die koopkrag van die informele mark. “Die informele mark koop die bekende handelsmer­ke ten duurste aan omdat dit betroubare gehalte is. Daar is buitendien nie veel vet aan die boer se kant om nou aan marges te sny nie.”

Mnr. Gielie de Kock, melkboer van Witsand, stem saam met Yusuf, en voeg by dat die mark beter verstaan moet word. “Ons moet verstaan watter waarde onverwerkt­e melk vir tradisione­le Afrika-kulture dra. Voedselvei­ligheid-versekerin­g van onverwerkt­e melk, die regte produk op die regte plek en waarde vir geld sal dus die belangriks­te aspekte in hierdie mark wees,” sê Gielie. Yusuf het die bedryf aangemoedi­g om met ’n doelgerigt­e benadering tot verskaffin­g nuwe markte te ontwikkel. “Die produkte en voorsienin­gskanale wat tans bestaan, gaan nie die bykans 50% van Suid-Afrika se bevolking wat nie veel suiwel verbruik nie, oortuig om meer van ons produkte te verbruik nie en ons bedryf het die uitbreidin­g van die mark dringend nodig,” sê Yusuf.

 ??  ?? Mnr. Yusuf Lambada, Woolworths se bestuurder van suiwel-aankope.
Mnr. Yusuf Lambada, Woolworths se bestuurder van suiwel-aankope.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa