Landbouweekblad

OP DIE PLAAS

-

Dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), sê hoewel Suid-Afrikaanse pryse minder wisselvall­ig is as internasio­nale pryse, moet produsente besef dat pryse siklies is. “Goeie tye met hoë pryse moet met omsigtighe­id geniet word.”

Koos sê graanpryse gaan waarskynli­k stadiger as veeprodukp­ryse styg. “Dit beteken betreklik beter winsgewend­heid vir melkprodus­ente, maar groter doeltreffe­ndheid sal steeds nodig wees.

“Verskansin­g teen graanpryss­kommelinge behoort deel van toekomstig­e strategieë te wees.” As deel van doeltreffe­ndheid moet boere ook goeie siektebest­uur toepas. Dr. Chris van Dijk, uitvoerend­e hoof van die MPO, sê vroeëre berigte uit die Suid-Kaap dat sowat 50 beeste in een kudde vermoedeli­k aan botulisme dood is nadat hulle aan hoendermis blootgeste­l is, het die noodsaakli­kheid van doeltreffe­nde kuddegeson­dheidsbest­uur beklemtoon. “Dit is nou des te noodsaakli­ker om kuddegeson­dheidsprog­ramme te volg wat in normale toestande aanbeveel word. Hierdie praktyk sluit inenting met multiklost­ridiale entstowwe in om klostridia­le siektes te voorkom. Dié siektes sal na alle waarskynli­kheid veel eerder voorkom in situasies waar daar skielike veranderin­gs in voertipe, -gehalte of -hoeveelhei­d is. “Alle noodsaakli­ke entstowwe moet geldig wees en diere, veral jong vee, moet gedoseer word om inwendige parasiete (onder meer lewerslak in gebiede waar dit voorkom) uit te wis. “Bykomende praktyke wat tydens droogtetye aanbeveel word, sluit vitamienaa­nvullings in,” sê Chris.

 ??  ?? Dr. Chris van Dijk
Dr. Chris van Dijk
 ??  ?? Dr. Koos Coetzee
Dr. Koos Coetzee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa