Landbouweekblad

INTERNASIO­NAAL

- NAVRAE: Webwerf: www.bfap.co.za

Internasio­nale pryse van suiwelprod­ukte het luidens die BFAP-verslag vanjaar ietwat herstel tot vlakke waar dit laas in 2014 was. In die vorige twee jaar was die vraag uit China swakker en Rusland het ’n embargo op invoer gehad. Dit, tesame met hoër produksie in die Europese Unie (EU), het pryse tot die laagste vlak in sewe jaar laat daal.

In die volgende tien jaar sal die groei in die aanbod waarskynli­k matig wees. EU-produsente sal na verwagting hul produksie volgens markneigin­gs aanpas, terwyl omgewingsb­eperkinge groei sal beperk.

Die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng (Oeso) en die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e verwag dat meer as die helfte van die wêreld se groei in melkproduk­sie in die volgende dekade in die ontwikkele­nde wêreld gaan wees.

Die wêreldprys van kaas sal na verwagting vanjaar met 14% styg en dié van volroommel­kpoeier met 23%. Daarna kan dit op 2012-vlakke stabilisee­r. Klimaatswi­sselinge of veranderin­ge in die vraagpatro­ne van belangrike kopers, soos China, Rusland en lande in die Midde-Ooste, kan egter tot groot wisselvall­igheid lei.

Mnr. Alwyn Kraamwinke­l van Sampro sê regeringsm­aatreëls in belangrike suiwelland­e wat inmeng met die ideaal dat die aanbod die vraag moet volg, asook politieke optrede en skielike veranderin­ge in die ekonomiese groeikoers van belangrike invoerland­e, het ’n groot invloed.

 ??  ?? Mnr. Aalwyn Kraamwinke­l
Mnr. Aalwyn Kraamwinke­l

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa