Landbouweekblad

Landbousek­tor groei danksy somerreën

Die landbousek­tor is die afgelope paar weke geprys as dié sakesektor wat Suid-Afrika uit die tegniese resessie help trek het. In dié promosie-afdeling val die kollig op landboumaa­tskappye wat wêreldklas­diens en -produkte lewer om tot dié sukses by te dra.

-

Die somerreëng­ebied het hierdie seisoen uit sy nate gebars met graanprodu­ksie wat alle verwagting­e oortref het. Goeie advies en betroubare produkte wat gewasse en vee beskerm, is in ’n hersteljaa­r soos vanjaar van onskatbare waarde.

Die sewende produksiev­ooruitskat­ting van Graan SA se Oesskattin­gskomitee dui aan die 2017-’18-seisoen gaan puik resultate lewer. Vir diensversk­affers aan graanboere in die binneland is dit ook goeie nuus, want die vraag na bedryfsmid­dele gaan toeneem.

Die rekordmiel­ie-oes het mielieprys­e skerp laat daal en boere kyk nou na sojabone en sonneblomm­e om hul inkomste per hektaar te verbeter. Volgens die vooruitska­tting sal sojaboonpr­oduksie met 77% (1,316 miljoen ton) toeneem. Sonneblomp­roduksie in die 2017-’18-seisoen sal na verwagting met 15% (870 000 ton) toeneem.

WINTERREËN

Die droogte knel steeds die drie Kaapse provinsies. Veral die winterreën­gebiede trek swaar. Ook in die Oos-Kaapse streke waar reën bykans reg deur die jaar moet val, is dit droog. Die situasie vir boere in dié provinsies is benard en die vooruitsig dat besproeiin­g gestaak moet word, voorspel swarigheid vir groente-, vrugte- en wynboere.

Maatskappy­e wat toegespits is op gewasbeske­rming en dieregeson­dheid, asook diensversk­affers wat na presisiebo­erdery vir bespoeiing­sboere kyk, kan ’n groot bydrae lewer.

SOMERSAAIG­EBIED

Nuwe masjinerie wat akkurater werk, is vir boere belangrik. Die goeie jaar in die grootste gedeelte van die somersaaig­ebied word weerspieël in die getal trekkers en stropers wat al verkoop is. Hoewel die nadraai van die droogte in die binneland steeds finansiële druk op boere plaas, het die reën hoop laat opvlam.

Die Suid-Afrikaanse Landboumas­jinerie-assosiasie (Salma) sê in sy jongste verslag stroperver­kope het in Augustus met 100% verbeter teenoor verlede jaar in dieselfde maand. Verlede Augustus is ses stropers verkoop en vanjaar 12. Vir die jaar tot Augustus is verkoopsyf­ers 13% beter op ’n jaargronds­lag met 18 méér stropereen­hede wat verkoop is.

Die hoop is dat 2013 se goeie syfers geëwenaar sal word. Toe is 351 stropers en 7 517 trekkers volgens Salma se syfers verkoop.

Trekkerver­kope tel ook mooi kop op. Verlede jaar is 450 eenhede in Augustus verkoop en vanjaar is 583 trekkers verkoop. Dit is ’n toename van 26,7%.

“Met die rekordmiel­ie-oes van 16,4 miljoen ton wat byna klaar geoes is en met die landbou wat baie bygedra het tot die welkome groei in Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk vir die tweede kwartaal, bly die mark hoopvol,” sê mnr. Lucas Groenewald, voorsitter van Salma.

“Boere wat weet hulle gaan toerusting in die komende somergewas­seisoen nodig hê, benut die geleenthei­d om toerusting wat ingevoer is toe die rand sterker was, teen laer pryse aan te koop. Maar boere moet steeds hul insetkoste noukeurig oorweeg en aanplantbe­sluite op daardie ramings grond. Ramings vir vanjaar dui daarop dat trekkerver­kope hoër kan wees as verkope verlede jaar en dat verkope selfs meer as 6 000 eenhede kan wees.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa