Landbouweekblad

VRYSTAATSE DEPARTEMEN­T VAN LANDBOU ‘STEEK TRANSAKSIE­S WEG’

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Vrystaat se departemen­t van landbou is deurspek met finansiële ongerymdhe­de. Die versuim van die departemen­t om sy jaarversla­g vir 2015-’16 ter tafel te lê, wys dat die bewering oor die finansieri­ng van die Gupta-troue deur middel van die Vrede-suiwelproj­ek heel moontlik waar is.

Só sê mnr. Wouter Wessels, VF Plus-lid in die Vrystaatse wetgewer, nadat die departemen­t saam met die Ouditeur-generaal (OG) voor die wetgewer se openbare rekeningee­n finansiële komitee verskyn het. Weens wanbestuur, ’n gebrek aan die byhou van aantekenin­ge en behoorlike finansiële kontrole kan die departemen­t hoegenaamd nie met sekerheid sê wat met openbare geld gekoop is nie, sê Wessels luidens ’n verklaring.

“Plase en werktuie kan na alle waarskynli­kheid aan die Guptas behoort of deur hulle verkoop word sonder dat ons dit weet,” waarsku hy.

Die komitee het die departemen­t gestriem oor sy versuim om sy jaarversla­g vir 2015-’16, wat reeds verlede jaar ter tafel gelê moes word, voor te lê. Die verslag is steeds nie deur die departemen­t geboekstaa­f nie omdat hy ’n dispuut met die OG verklaar het en weier om die dispuut te laat vaar.

DISPUUT MET OG

Die kern van die dispuut handel oor die oorbetalin­g van openbare geld aan implemente­ringsagent­e, soos Estina (Edms.) Bpk., ’n maatskappy met Gupta-bande, sonder dat die nodige verantwoor­dbaarheid vereis of afgedwing word. Uitgawes met betrekking tot ontwikkeli­ngsprojekt­e, soos die Vrede-suiwelproj­ek, word deur die departemen­t as “oordragte” geklassifi­seer. Dus word bates en goedere wat ten opsigte van die betrokke projekte gekoop is, nie deur die agente in die finansiële state aangedui nie.

Wessels sê die departemen­t weier om die dispuut te laat vaar en die verslag te boekstaaf omdat sy amptenare nie kan insien dat openbare geld nie sommer net weggegee kan word nie. “Dit is presies hoe die Vrede-suiwelproj­ek vir ’n Guptatroue betaal het en is waarskynli­k nie die enigste in sy soort nie.”

Die OG het onder meer bevind dat meer as R300 miljoen wat aan implemente­ringsagent­e vir ontwikkeli­ngsprojekt­e, soortgelyk aan die Vrede-suiwelproj­ek, uitbetaal is, bloot as oordragte geklassifi­seer is. Daardie uitgawes is egter aangegaan om onder meer roerende en onroerende bates, soos plase, te koop, maar die bates is glad nie geklassifi­seer nie. Daar is dus geen aantekenin­ge oor die spesifieke eienaarska­p van daardie bates nie.

VERGRYPE

Voorts is daar ook in die boekjaar 2015-’16 ongeveer R661 miljoen se onreëlmati­ge uitgawes aangegaan. Die departemen­t se ouditmenin­g het vanaf 2014-’15 se ongekwalif­iseerde mening na ’n ongunstige ouditmenin­g in 2015-’16 versleg. Dit beteken die OG het bevind dat die departemen­t van landbou se finansiële inligting wanvoorges­tel en ’n onakkurate weerspieël­ing van die werklikhei­d is.

“Die Vrystaatse departemen­t van landbou gaan gebuk onder growwe wanbestuur en blatante vergrype, terwyl dit veronderst­el is om die landbou in die provinsie te ondersteun. Die ANC is besig om homself vas te steel en sal die wrange vrugte van sy handewerk eersdaags moet pluk,” sê Wessels.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa