Landbouweekblad

WILD MOET TERUG

- — JOYLENE VAN WYK

NAGENOEG R100 miljoen se buffels, swartwitpe­nse en njalas wat deur Noordwes se departemen­t van landelike, omgewings- en landbou-ontwikkeli­ng aan die maatskappy SA Rare Game Breeders Holdings (SARGB) geskenk is, moet teruggee word. Die maatskappy se stigters het blykbaar sterk bande met die ANC.

Boonop sal me. Manketsi Tlhape, LUR, en ander amptenare wat by die transaksie betrokke

was, persoonlik vir die “vrugtelose uitgawe” verantwoor­delik gehou word wat met die verskuiwin­g van die diere gepaardgeg­aan het.

Dit is die oplossing waarmee die Parlement se portefeulj­ekomitee vir omgewingsa­ke en die een vir landbou vorendag gekom het nadat wild “onwettig” aan die maatskappy geskenk is. Die komitee vir omgewingsa­ke sukkel al sedert verlede jaar om uit te pluis hoe dit gebeur het dat die 130 buffels, 50 witrenoste­rs en 32 njalas uit twee provinsial­e parke, Molemane Eye en Borakalalo, in die maatskappy se besit beland het.

Die betrokke departemen­t in Noordwes het die skenking glo gedoen ingevolge ’n “wildskenki­ngsbeleid”. Dié beleid is in 2010 ontwikkel en aan die bewaringsk­omitee van Noordwes se destydse Parke en Toerismera­ad voorgelê, maar is volgens die samestelle­r van die beleid nooit goedgekeur nie. Dit beteken dat enige transaksie­s wat ingevolge die beleid gedoen is, onwettig is.

VERSKUIWIN­G

Met die verskuiwin­g van die wild is die twee regeringsp­arke boonop sonder teelmateri­aal gelaat toe ál die buffelkoei­e aan die SARGB gestuur is.

Dit het in ’n ondersoek na die transaksie na vore gekom dat die wild reeds van Julie 2015 af na die SARGB gestuur is, terwyl die skenking eers in Junie verlede jaar “goedgekeur” is. Die stigters van die maatskappy het glo ook eers in Julie 2015 ’n aandeelhou­dingsooree­nkoms gesluit om die SARGB te vorm. Die portefeulj­ekomitee het onderneem om vas te stel of die werkers – wat 50% van die ondernemin­g besit – ooit van die aandeelhou­ding bewus is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa