Landbouweekblad

WEMASAAD HET NOG NIE EIENAARSKA­PBESKERMIN­G

- — JOYLENE VAN WYK

DIE eerste 10 000 pakkies droogtever­draagsame saad van 500 g elk wat die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) in 2014-’15 gratis aan kleinboere in Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal gegee het om te toets, het goeie opbrengste opgelewer.

Tog het geen van dié droogtever­draagsame witmielieb­astersaad wat deur die LNR se projek vir Waterdoelt­reffende mielies vir Afrika (Wema) ontwikkel is, al intellektu­ele eienaarska­pbeskermin­g ingevolge die wet nie.

Mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in ’n parlementê­re antwoord gesê sy departemen­t het verlede September vyf aansoeke vir die geneties gemodifise­erde Wema-kultivars gekry. Dit word volgens hom steeds oorweeg.

Die aansoekers is die LNR en die African Agricultur­al Technology Foundation in Kenia.

OPNAME TRAAG

Hoewel die droogtever­draagsame saad met groot ophef in 2014 bekend gestel is, was daar in 2015-’16 geen saad vir aanplantin­gs op kommersiël­e skaal beskikbaar nie.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye het einde Oktober verlede jaar aan parlements­lede wat vrae oor die beskikbaar­heid van die saad gehad het, gesê 70 000 ton van die saad sal onder kleinboere versprei word.

Zokwana het toe ook aangedui dat die meeste van die swart boere nie nog meer van die saad aanplant nie. “Die departemen­t het gewillige boere met ondernemin­gsgees nodig om die saad te plant.” In Maart vanjaar het die departemen­t aangedui dat sekere provinsies die droogtever­draagsame saad vir aanplantin­g bestel het. Dit is glo gedoen met geld van die Ilima/Letsema-projek. Hulle het aangedui hulle was gereed om te plant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa